Die vrou van Michigan in die VSA wat opslae in die media gemaak het nadat sy chemoterapie-behandeling geweier het sodat haar ongebore baba kon leef, is Saterdag oorlede.
Nick DeKlyen het Saterdag aan The Associated Press gesê sy vrou, Carrie DeKlyen, was omring deur familie enkele oomblikke voor sy gesterf het.
Haar laaste woorde was glo: “Ek sal jou in die hemel sien.”
Carrie is vroeër vanjaar met breinkanker gediagnoseer, maar het chemoterapie-behandeling geweier omdat dit sou beteken dat sy haar swangerskap moes laat beëindig.
Haar dogtertjie, Life Lynn, is vandeesweek vroeggebore, maar haar lewe is volgens dokters nie in gevaar nie. Carrie se gesondheid het drasties agteruitgegaan nadat haar voedings- en asemhalingsbuise vandeesweek tydens ʼn operasie verwyder is, twee dae ná die geboorte van haar dogtertjie.
Die egpaar het vyf ander kinders.
Dit is ‘n verhaal van ware moederliefde. Ek sal ook my lewe vir my kinders gee. RIV dapper mamma.
loop die trane nou oop , wel sy is reg , hulle sal haar in die hemel sien , n voorbeeld vir sekere ander vroue
Virseker. So ongelooflik hartseer ek het nie eers woorde nie :(
Ek is ook woordeloos. Wat ‘n vrou! Gelukkig lewe die baba en die ma is in die hemel. Baie hartseer storie maar is tog so inpirerend. Laat my dink aan die fliek “Sophie’s choice”. Dis ‘n ware verhaal wat gedurende tweede wereld oorlog afspeel waar ‘n ma gedwing was deur ‘n Nazi om te kies tussen haar twee kinders watter kind sy gaan hou en watter een konsentrasiekamp toe is.
What an unbelievable sacrifice
N ware vrou en moeder. Ja vrou, jy sit nou waarlik by die voete van God en hulle sal jou eendag daar sien. Shalom
Wat n onbeskryflike liefde!
So jammer ons kinders kry eers begrip hiervan wanneer ons nie meer daar is nie.
Ek stem nie saam met almal se menings nie. Het my sister verloor op 29 en haar dogtertjie moes groot word met ‘n stiefma. Dis nooit dieselfde as jou eie ma nie en dit het ‘n baie groot invloed op die kind se hele lewe gehad. Sy is vandag 40 en die gemis sal altyd daar wees. Hierdie ma het met haar besluit haar ander kinders die voorreg ontneem om met ‘n eie ma groot te word en ek dink dit was selfsugtig.
Ek stem saam.
Ek het aan dieselfde gedink. Sy het glad nie aan haar ander kinders gedink nie.
En as sy ‘n aborsie gekies het, sodat sy behandeling kan kry en (hopelik!) gesond kan word, het iemand anders dalk OOK gesê sy is selfsugtig.
Wat jy sê is in ñ mate so Joann. Ek weet nie wat die omstandighede rondom jou sussie se dood was nie, en ek is opreg jammer dat sy oorlede is.
Kom ons dink egter aan die mamma. Sy sou waarskynlik in en uit die hospitaal gewees het weens chemoterapie, baie pyn gehad het en nie werklik betrokke kon wees by haar kinders nie. Sy het ook tussen twee vure gestaan. Moes sy haar ongebore kind opgee? Ek is seker sy sou nie tussen een van haar kinders gekies het nie. Sy sou eerder hulle lewens spaar, want hulle het nog hulle hele lewens voor hulle.
Breinkanker is ñ baie agressiewe kanker. Daarvan kan ek jou verseker.
Selfs al sou sy gekies het om chemoterapie te ontvang, is dit nie gewaarborg dat sy self haar ander kinders sou kon grootmaak nie. Baie mense sterf steeds selfs al ontvang hulle chemoterapie-behandeling.
jy wen in elk geval nie teen kanker nie , maak nie saak wat die dokter jou vertel nie , so in die lang duur sou die kinders in elk geval hulle ma verloor het , tweedens is nie alle stiefma’s so sleg soos jy voorgee nie
Hi daar. Ek verstaan wat jy se, maar dalk sou sy nie die breinkanker oorleef het nie en dus het sy die lewe van haar ongebore kind gekies. Breinkanker kan gewoonlik nie “gecure” word nie. R.i.v mamma.
O vader, die mensdom verstom my! As jy jou lewe opoffer om iemand anders te beskerm, is jy selfsugtig? Dink julle dit was ‘n maklike besluit vir die mamma? Chemo is nie een of ander wonderkuur met ‘n 100% suksessyfer nie. Kanse is groter dat sy haar baba sou opgee, en dan nog sou sterf, chemo-behandeling en al, as wat sy sou oorleef het. Wat sou die ma (en kinders) se lewenskwaliteit gewees het as sy dalk nog ‘n ekstra paar maande bygekry het? Chemo, chemo, dalk operasie op operasie? En om in remissie te wees, beteken nie jy is kankervry nie, jou telling is net te laag om deur ‘n toetsie opgetel te word – net soos met ‘n swangerskaptoets waar die hormoonkonsentrasie (hCG) hoog genoeg moet wees om ‘n positiewe resultaat te verkry. Respek vir die mamma!
Oh my word, ek respekteer jou mening, maar jy moet ook die ma se keuse ook respekteer. Hoe weet ander wat was die omstandighede rondom jou suster se dood? WIE is enigeen om daardie besluit wat sy gemaak het te kritiseer of haar te veroordeel? Ek is verstom dat mense dink hulle het die reg om vir ander mense oor hulle eie lewens te besluit. Daar was GEEN waarborg dat die chemoterapie die mamma sou laat leef nie. Sy het ‘n keuse gemaak, en dit was haar keuse om te maak. Baie kinders raak groot met stiefmammas, goed of sleg, dit sal baie beter met die wereld gaan as ander mense ander se REG respekteer om hulle eie keuse oor hulle eie lewens te maak. Baie keer gaan ‘n ma dood met die geboorte van ‘n kind en die kind raak ook by ‘n stiefma groot .. genade tog .. ek dink nie dit was maklik vir haar nie. Ons het darem gemaklik geword om agteroor te sit en ander te kritiseer vir lewensbesluite waaroor JY nie die reg het om te oordeel nie.
You are an extremely nasty POS, Joann!
Stem saam, die ander kinders weet wie en wat hul gaan mis!
Ek stem saam, gaan die ander vyf sal voel sy het hul nie gekies nie. Elke ou vir homself.
Sophie’s Choice deur William Styron was fiksie
Dankie Andre vir die regstelling. Ek het inderdaad geglo dis ‘n ware verhaal waar die vrou ( Meryl Dtreep) moes kies tussen haar twee kinders. Baie tragiese storie. Baie trane gestort.
Ek stem nogal met jou saam Joann.
Hoe durf enige iemand hier die ma se keuse veroordeel? Wow!
Stem saam Madels, tot enige een hier nie self ‘n myl in haar skoene geloop het nie kan niemand van ons se haar besluit was reg of verkeerd. Ek glo sy het besluit wat sy gedink het die beste was in die omstandighede waarom sy haar bevind het. Dit kon nie n maklike besluit gewees het nie.
Dit is erg dapper. Lewe of dood, behandeling of geen behandeling. Met mamma grootword of sonder mamma grootword. Ons elkeen se paadjie is lank reeds vir ons uitgesit. Wie is ons om te oordeel. Niemand spring die dood vry nie. Ons almal loop dieselfde paadjie. Ek dink sy het net ‘let go’ en Let GOD. Ek sou opkyk na haar en sê WOW, jy is ‘n mamma 1000
Die oomblik toe daardie lyfie in haar maag verwek is was daar lewe… Op 4 weke is daar al ‘n duidelike hartkloppie… Gegewe die mamma het nooit die kleintjie vasgehou, gekoester of gesien grootword nie, maar tel haar nogsteeds as een van haar kinders… Vir my is dit net so goed jy stel voor sy offer een van haar reeds gebore kinder op in ruil vir haar om aan te hou lewe (en dan het sy nie eens ‘n waarborg dat sy wel die Groot K sou oorwin nie)… Ek dink dit was ‘n baie onselfsugte mamma liefde daad om te doen en ek bid dat haar dogtertjie sal grootword met die wete dat haar mamma haar eie lewe opgeoffer het vir haar om te kan leef… Haar mamma sal deur haar voortleef in almal se harte!
Herstel is nie gewaarborg nie…..Breinkanker se genesing is laag….sy het die regte ding gedoen
Ag foeitog, dit moes seker een van die moeilikste besluite in haar lewe gewees het, tog het sy ‘n ander lewe bo hare gekies. Brawe vrou. RIV, met die wete dat jou man en familie goed na die ou babatjie salkyk, so jammer jy kon nooit self die vreugde ervaar nie.
Om 6 kinders te he…………………………… wow hulle het seker hope geld gehad en hopelik kan haar man ‘n goeie “nanny” kry om al hierdie kinders groot te maak.
‘N baie goeie daad wat die mamma verrig het.
Joann bewaar jou hart dis al wat tel in die lewe. En wees lief vir jou mede mens!
Wees stil en weet dat Hy God is! Ek glo die besluit was nie ligtelik geneem nie.
Bid liewer vir die familie en kinders en vriende in hierdie tyd van hartseer met die verlies van ‘n geliefde maar ook ‘n wins van ‘n nuwe lewetjie!
Shalom.
Dis nie so uniek nie. Jare gelede in die 1970’s het ‘n tannie wat ek geken en saam met wie se kinders ek grootgeword het in Tsumber Namibia dieselfde gedoen. Die ergste van alles was dat hulle op ‘n plaas naby ide grens met Ovamboland gebly het en daagliks aan die terrosite gevaar ook blootgestel was. Die kind is deur haar oudste dogter aangeneem en grootgemaak.