Ma tronk toe ná seun onderwyseres skiet

Deja Taylor. (Foto: Newport News-polisie)

ʼn Ma van Virginië in die VSA is tot tronkstraf gevonnis nadat haar sesjarige seun sy onderwyseres geskiet en ernstig gewond het.

Deja Taylor is tot 21 maande tronkstraf gevonnis nadat haar seun in Januarie vanjaar haar vuurwapen na sy skool gevat en sy onderwyseres, Abigail Zwerner (25), geskiet het. Zwerner het beserings aan haar hand en bors opgedoen en moes twee weke lank in ʼn hospitaal behandel word.

Die 26-jarige Taylor het in Junie skuld beken dat sy die vuurwapen onwettig bekom het deur onder meer ʼn vals verklaring op ʼn regeringsvorm om sodoende die wapen te kon koop.

Abigail Zwerner (Foto: Twitter)

Taylor het valslik op ʼn vorm van die Amerikaanse buro vir alkohol, tabak, vuurwapens en plofstof (ATF) aangedui dat sy “geen onwettige dwelmmiddels” gebruik nie – een van die voorvereistes om ʼn vuurwapen te besit. Bewyse wat deur ondersoekers bekom is, het egter onthul dat Taylor wel gereeld dagga gebruik het.

Te midde van ʼn groot aantal dodelike vuurwapenvoorvalle waarby jongmense betrokke is, het druk in die VSA begin toeneem om ouers te straf wat dit vir hul kinders moontlik maak om wapens te bekom.

Die pa van ʼn Illinois-man, wat daarvan beskuldig word dat hy sewe mense tydens ʼn Amerikaanse Onafhanklikheidsdag-parade vermoor het, het verlede week skuldig gepleit aan “roekelose gedrag” omdat hy sy seun gehelp het om die aanvalsgeweer te bekom wat in die massaskietery gebruik is.

Die ouers van ʼn 15-jarige seun, wat in November 2021 vier mense by ʼn hoërskool in Oakland County in Michigan vermoor het, is daarvan aangekla dat hulle vir hul seun ʼn geweer gekoop het, al was hulle bewus van tekens dat hy moontlik ʼn bedreiging kan inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Dit blyk dat die Amerikaanse regering roekeloos is met die uitreiking van vuurwapenlisensies. En kinders wat sulke gedrag openbaar, moet ook nie skotvry wees. Hulle behoort na ‘n verbeteringskool of iets dergliks gestuur te word.

George ·

Want dit gaan die 7jarige help. Wat jy nou noem, is n broei plek vir kriminele. Geen “verbetering skool” het al ooit gehelp nie, gaan vra bietjie vir die wat in Boystown was wat daar gebeur het.

Cherokee ·

So wat dink jy waar is hy nou, anders as ‘n broeplek vir kriminele? Jy glo dus nie dat kinders (wat opsigtelik verkeerd grootgemaak is, leiding gegee moet word nie? Dìt is waarom hierdie land in trurat is. Nou dink jy diedelfde gebrek aan moraal moet vir die VSA ook geld.

Mari ·

Nou wonder ek of Hunter Biden ook vervolg gaan word omdat hy sy vuurwapen ook onwettig bekom het. (En dit in ‘n vullishouer gegooi het toe hy wou wegdoen met dit)

Marcha ·

Ai. Dis hectic. Arme mamma. Sy moes die wapen in n veilige plek sit waar dit nie maklik was Vir haar kind Om dit te kry nie.

Karoo ·

As sy eerlik was, sou sy dit nie in die eerste plek kon bekom nie, dus is sy onverantwoordelik en kan jy dit nie van haar verwag nie.

Oosieoos ·

Nee straf hopeloos te min en alle betrokkenis by onwettige of wettige geweer moet gestraf word

Hennie Biebouw ·

Maar Hunter Biden, wat presies dieselfde misdryf gepleeg het, dié loop nog vry rond….

Cherokee ·

So wat dink jy waar is hy nou, anders as ‘n broeplek vir kriminele? Jy glo dus nie dat kinders (wat opsigtelik verkeerd grootgemaak is, leiding gegee moet word nie? Dìt is waarom hierdie land in trurat is. Nou dink jy diedelfde gebrek aan moraal moet vir die VSA ook geld.

Jaco ·

Wat dan nou van Joe Biden en sy hoogheilige Demokrate se “gunfree America” en “human rights”? Hy is al amper 3 jaar aan bewind en dié skiet nonsens gaan nog steeds aan. Hoe dan nou?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.