Ma vas ná moord op man, vier kinders

Die moordtoneel (Foto: ANA)

ʼn Ma van Atlanta in die VSA is Vrydagoggend vroeg in hegtenis geneem in verband met die moord op haar man en vier van haar kinders.

Michele Pihera, woordvoerder van die Atlanta-polisie, het gesê die vrou se vyfde kind, ʼn negejarige meisie, het die aanval oorleef. Volgens Pihera is die ma in dié stadium die enigste verdagte in die saak.

Sy sê die 33-jarige Isabel Martinez het Donderdagaand ná die moord die noodoproep na die nooddienste gemaak.

Pihera sê die vier kinders en die man is met ʼn mes doodgesteek.

“In dié stadium glo ons dat ons al die verdagtes in die saak het. Martinez word tans ondervra en nuwe inligting sal weldra volg,” het sy gesê.

Die negejarige meisie is steeds in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal.

Die polisie het nie bevestig of Martinez in die voorval beseer is nie, maar het wel gesê dat sy haar volle samewerking aan die polisie gee.

Volgens berigte het Martinez haar pa ʼn tyd gelede aan die dood afgestaan. Sy staar aanklagte van moord en poging tot moord in die gesig.

ʼn Polisieondersoek duur voort.

Die moordtoneel (Foto: ANA)

Inwoners van die buurt na die polisie vir Martinez in hegtenis geneem het (Foto: ANA)

Isabel Martinez (Foto: ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

treurgrond ·

Dit is net ‘n Treurgrond. Hoe kan mens net dit doen?

Cherokee ·

Atlanta, dit is in Georgia. Wanneer ‘n man so iets doen skreeu ons “sluit hom op!” Gooi die sleutels weg” ens. Wanneer ‘n vrou so iets doen wonder ons “wat sou haar besiel het”. Kyk na die glimlaggende gesig op die foto. Wat op aarde sou haar besiel het!

Johan H ·

Stem saam Cherokee, Vrouens is tot enige iets instaat, nes mans, miskien moet ook n organisasie gestig word ” Men and children against Women abuse”

Middie ·

Ek is self ‘n vrou, maar vrouens kan koelbloedig en berekend moor. Dink aan Daisy de Melcker. Waar kinders deur die ma vermoor word, is nageboorte depressie wat nie behandel word nie, soms die oorsaak. En dit is so dat daar vrouens is wat mans mishandel en dat mishandeling nie net deur mans gepleeg word nie. Tog is dit telkens skokkend as ‘n mens berigte soos hierdie lees, omdat moeders met versorging geassosieer word. ‘n Mens wonder wat in mense se lewens verkeerd loop om tot sulke uiterstes in staat te wees.

LB S ·

Ek dink baie meer mans word ook mishandel waarvan ons net nooit hoor nie, want hulle is te skaam om dit te erken. Mishandel kan mos fisies of emosioneel plaasvind en albei is ewe erg. Dit kan jou lewe ‘n hel op aarde maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.