Ma vas oor baba se liggaam in tuimeldroër

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Vrou van Arkansas in die VSA is in hegtenis geneem nadat die liggaam van haar een maand oue babadogter in ʼn tuimeldroër in haar huis gevind is.

Die nuusagentskap CBS News berig Tyra Neal (25) is Dinsdag in haar motorwoning in Poinsett County in hegtenis geneem.

Volgens mediaberigte het die baba se pa op sy kind se liggaam afgekom en die polisie is ontbied. New York Post berig albei ouers is aanvanklik in hegtenis geneem, maar die pa is later vrygelaat.

Neal word aangekla van moord en skending van ʼn lyk. Borgtog van $1 miljoen (sowat R12,6 miljoen) is aan haar toegestaan tydens haar hofverskyning Dinsdag.

CBS News berig owerhede het nog nie bekendgemaak hoe die baba gesterf het nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal wel gedoen word.

Ashtyn Hayse, ʼn buurvrou wat naby Neal woon, het haar skok met Fox News gedeel: “Ek is so geskok. Hoe kan ʼn mens so iets aan ʼn baba doen? Dit is so hartseer.”

Neal het nog vier kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan ·

Oe! Verskriklik!! Hierdie klink na duiwels besetene. Arme kind. Doodstraf as sy skuldig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.