Ma vas oor porno-kring waarby dogter betrek is

Foto: Perth-polisie

Die ma, stiefpa en gesinsvriend van ʼn agtjarige meisie is in hegtenis geneem oor ʼn vermoedelike porno-kring en groepseksklub in Perth, Australië.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê ʼn groep volwassenes, mans en vroue, het kinders bedwelm voor hulle seksueel mishandel is en die dade op video verfilm is.

Susan Usher, woordvoerder van die polisie in Perth, het aan verslaggewers gesê die inhegtenisnemings volg ná ʼn ondersoek oor minstens vyf kinders wat seksueel mishandel is, waarvan meeste jonger as 10 jaar oud is.

Die 39-jarige ma, 45-jarige stiefpa en ʼn 56-jarige vriend van die gesin staan tereg op 23 aanklagte insluitend geslagsomgang met ʼn agtjarige kind.

Die polisie het gesê nog inhegtenisnemings sal waarskynlik volg terwyl hulle ondersoek instel oor veelvuldige mishandeling van die meisie en ander kinders by georganiseerde groepseks-partytjies.

Die polisie het Donderdag ʼn klopjag uitgevoer op vyf eiendomme in Perth en drie mense is in hegtenis geneem, maar daar is nog nie enige klagtes aanhangig gemaak nie.

Daar was ook klopjagte in die suide van Australië waar die polisie beslag gelê het op elektroniese toestelle. Die polisie probeer bykomende verdagtes identifiseer deur opnames op die toestelle.

Die drie persone moet op 18 April weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Da_eYe ·

4de paragraaf… die 39 jarige “man”… moet seker lees “ma”. Dink ek maar…

Sune van Heerden ·

Dagsê Da-eYe

Dankie, ‘n “n” het inderdaad per ongeluk deurgeglip.
Ons het die berig gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Pop ·

Dankie tog dis in Australie. Daar sal geregtigheid geskiet vir die stomme kinders

Sunette ·

Hulle moet hang. Kan nie glo dat vrouens by sulke walglike dinge betrokke is nie. Jys die naam ma nie werd nie

Ysbeer ·

Sunette… jy verstaan nie hoe ‘vrouens by sulke walglike dinge betrokke raak nie’?!?! So jy dink dis OK vir mans?! NIEMAND, ongeag van geslag behoort so iets te doen nie!!

Marinda ·

Good grief. How can you do this to your own 8 year old child? She is still a little girl. You deserve everything that’s coming your way.

And I agree with you Pop, Australia is not a country that has mercy on these types of crime. South Africa can learn a few things from them.

Sarel swartbrand ·

I agree South Africa has turned into a banana republic where apartheid against white people is growing faster than the bitcoin.

Mielie ·

Ek het nie woorde nie. Sy kan nie n ma wees soos ons n ma ken nie. Nee sy is n monster.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.