Ma vermoor seun (3) omdat hy na pa lyk

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Australiese vrou wat haar seun vermoor het omdat hy glo te veel “na sy pa gelyk het”, is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis in ʼn hof in Nieu-Suid-Wallis in die suidooste van dié land.

Die ma en haar lewensmaat, die seun se stiefpa wat ook tot 30 jaar tronkstraf gevonnis is, is reeds in 2014 aan mishandeling en moord skuldig bevind. Albei partye is eers dié week gevonnis nadat hulle vir bykans drie jaar in aanhouding was.

Die twee het die driejarige kind glo vir langer as twee maande lank mishandel voordat hulle hom vermoor het. Die seun het onder meer erge beserings aan sy kop opgedoen toe die ma hom op ʼn keer teen ʼn muur en kas “vasgeslaan” het. Sy oë was ook in ʼn stadium met kleefband toegeplak.

“Dié kindermoord is ʼn onvergeeflike misdaad,” het regter Peter Johnson tydens die vonnisoplegging gesê.

Die seun se ma het vroeër tydens die verhoor aangevoer dat die seun dood is nadat hy oor ʼn halsband geval het wat aan die gesin se hond vasgebind was.

Sy het later egter gesê die seun het te veel op haar senuwees gewerk en dat sy as gevolg daarvan baie keer “gedagtes gekoester het om hom dood te maak”.

“Moenie my verkeerd verstaan nie – ek was wel lief vir daardie seun. Maar daar was ook ʼn deel van my wat hom gehaat het omdat hy na sy pa gelyk het en omdat hy sy pa se kind was,” het sy gesê.

Johnson het gesê die ma het haar seun gestraf vir sy “pa se oortredings of sondes” eerder as om hom te koester en te beskerm.

Die seun se oom het ná die vonnisoplegging aan Amerikaanse media gesê hy glo die regter het ʼn regverdige vonnis opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

C ·

Daar is hoeveel mense wat so graag kinders wil hê. Hoekom het sy nie eerder die kind opgegee vir aanneming nie dan hoef sy mos nie elke dag na die kind te kyk wat so baie na sy pa lyk nie.!

Willem ·

Daar is drasties fout in die wêreld – kyk hoe word kinders hier by ons in SA vermoor! Boosheid is besig om ons te verswelg…

Pieter B ·

Goeie genade kan ‘n ma so iets doen hoekom hom net nie by die pa of by die ouma gaan aflaai nie!!!!

Lientjie ·

Hi hi hi nee man! Sy was tog lief vir “die” kind gewees. Jy praat nou plein str..t!

Michelle ·

Die dood straf sou meer gepas gewees het vir die moordenaars. Hoop dat God sal gee dat haar gewete haar klaar maak, maar ek glo nie sy of die man het so iets nie.

Lelanie ·

Dis nie vir ons om te oordeel nie. Die vrou gaan verantwoording neem vir haar sonde. Sy word nou gestraf en met tyd sal sy haar foute agterkom en ek bid vir haar dat sy vergewe sal word.

Spook ·

Dit is baie sleg Braam. Dit is verskriklik, onvergeeflik. Of k mag oordeel of nie, doodstraf sou meer van pas wees.

Braam ·

Ek stem saam met jou Spook , maar anders as wat almal dink is 90 % van die Australianers ongelowig . Dinge wat vir ons verkeerd is , is vir hulle normaal of aanvaarbaar .Dis baie moelik om saam met hulle te werk ( Ons is anders ) meng met hulle kan ek en my gesin na 12 jaar steeds nie . Hulle het geen , maar geen waardes en normes nie .

annette ·

Ek is spraakloos. Hoe het jy jou kind life en dan mishandle en vermoor jy hom. Enige mens met Liefde in sy of haar hart kannie so wreed wees nie. Die ou dingetjie is beter af by Jesus as wat die satan hom groot maak. Ek is ook geskok om te hoor dat 90% van Australiers nie aan God glo nie. Braam die skrif is aan die muur in hoofletters die duiwel is los met al sy trawante.
Sterkte vir almal wat Glo want dit is moeilike tye.

Stan ·

Braam waar in Oz bly jy ‘mate’ ? Ek stem nie saam met jou nie. Miskien moet jy maar dan platteland toe trek!! En as waardes en normes dan so ontbreek dalk sommer ‘n ander heenkome vind.

Aanpas ·

Dit lyk my Braam dat jy en jou gesin nie baie gelukkig is in Australie nie dan moet julle maar trek na n land waar jy wel onder jou eie gelowige mense kan woon en dis terug SA toe byvoorbeeld.
My hele familie woon in Australie en hulle is gelukkig, julle moet aanpas aan die land se mense en nie andersom nie.

Alida ·

My vorige kommentaar is nie geplaas nie. Ek wou weet of die man n kous oor sy kop gedra het. Sy het hom sekerlik gesien en geweet die kind gaan trekke van sy pa he of hoe?

Stan ·

Braam waar kry jy jou statistiek vandaan? Dit is verseker nie my ervaring nie. Wat ek wel weet is dat ons parlement (Australië) met gebed open sonder enige ander rutiële en dan moet ek byvoeg dat die sewe Kerke in ons dorp (van 7 duisend mense) baie bedrywig is. Braam ek sal jou sterk aanraai om na die platteland toe trek of dalk terug SA toe waar sogenaamde ‘aanvaarbare waardes’ van jou met ander gedeel kan word.

Griki ·

Sy het dus ‘n onskuldige driejarige kindjie vermoor omdat sy slegte smaak in mans het? Dis besonder siek.

Braam ·

Ek het in Perth gebly , waar ons na die afrikaanse kerk toe gegaan het om met ONS mense te meng . Ons het nie baie welkom gevoel nie omdat ons nie “n Prado ry nie en ek nie ‘n ” manager ” is nie, dis al wat oor gepraat word na kerk by die tee … o ja en hoeveeel geld jy oor gebring het . Stan .. lyk my jy is klaar ‘n Aussie MATE …klaar hullle waardes aanvaar . Die laaste eerste minister met Christelike waardes was Tony Abbot . Jou regering van vandag glo in hulself . Ek bly in Karratha WA 1530 km van die naaste stad … meer platteland as dit sal jy nie kry nie . Aanpas .??. Ek is ‘n Boer en gaan nie my waardes en normes verlaag soos dit lyk jou hele familie gedoen het nie . Ek loop sulke mense elke dag raak …praat engels met mekaar en die kinders …omdat hulle skaam vir hulle herkoms is. Elke ander nasie hier praat hul eie taal en leer dit vir hul kinders hulle het trots ..al is hulle van waar …maar meeste sogenaamde Suid -Afrikaners verkies om in te ” blend ” Dis die rede hoekom God se nasie weer met sy rug teen die muur staan .

Estelle Branders ·

Dis wreed. Verdien doodstraf. Waarom moet ‘n kind lei en mishandel word. Hule vra no om daar te wees nie. Dis ‘n geskenk uit God se hand. Dit gee niemand die reg om kind se lewe in jou eie hande te neem ni.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.