Ma vermoor seuns ‘om dogter te help’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Ohio in die VSA het glo erken dat sy haar drie klein seuntjies vermoor het omdat haar man meer aandag aan hulle gegee het as aan hul dogter.

CBS News berig Brittany Pilkington (23) van Bellefontaine staan nou tereg op drie aanklagte van moord. Brittany het Dinsdag glo die nooddienste gebel en aan hulle gesê haar babaseuntjie haal nie asem nie. Sy het rustig die operateur se vrae beantwoord terwyl die baba se slaapapnee-alarm in die agtergrond afgegaan het.

Toe polisiebeamptes en nooddienste glo by die woonstel opdaag, was die drie maande oue seuntjie, Noah, reeds dood.

Volgens CBS News het beamptes reeds voorheen vir Brittany en haar man, Joseph, ondersoek nadat hul vierjarige seuntjie, Gavin, in April vanjaar dood is en hul drie maande oue baba, Niall, in Julie 2014 dood is. William Goslee, die staatsaanklaer, het Brittany kort ná Noah se dood ondervra. Sy het glo erken sy het al drie haar seuntjies doodgemaak deur ʼn kombers oor hul gesigte te plaas en hulle te versmoor.

“In haar gedagtes het sy hul dogter [die driejarige Hailey] beskerm teen haar pa wat vir haar nie so lief as vir haar broers was nie,” het Goslee gesê. Hailey is deur maatskaplike werkers weggeneem.

Daar is glo geen bewyse dat Joseph by enige van sy kinders se dood betrokke was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ai tog ·

3 seuns verloor so kort agter mekaar, iets is baie verkeerd met Brittany sy is dan n gevaar vir haar dogter. More gebeur ietsie ook met haar om iemand te beskerm mal hospitaal toe met haar.

Theresa ·

Liewe hemel tog. Hoe redineer diè vrou??!! Die mensdom het heeltemal gek geword. In alle opsigte.

Magriet ·

En dit is een van die redes waarom ek n voorstander van geboorte beperking is en n teenstander van welsynstoelae is

Inge ·

Sy is nie ‘n mens nie..ek weet nie hoe sy haar eie kinders kan vermoor nie. Dit is walglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.