Tania Clarence (42), die Suid-Afrikaanse ma wat in Engeland teregstaan vir die moord op haar drie erg gestremde kinders, sal na verwagting Dinsdag hoor of sy op borgtog vrygelaat gaan word.
Clarence het Vrydag vlugtig in ʼn hof in Engeland verskyn. Sy word beskuldig van die moord op haar driejarige tweelingseuns, Ben en Max, en vierjarige dogter Olivia. Al drie kinders het aan spinale spierdistrofie gely.
Haar man, Gary (43), ʼn bankier, het saam met haar gehuil toe hulle mekaar in die hof gesien het. Lees meer hier.
Clarence het nog nie formeel gepleit nie en sy is sedert haar inhegtenisneming in aanhouding. Haar voorlopige verhoor begin na verwagting op 9 Mei. -SAPA
Lees ook:
Ma in hof vir moord op kinders
SA vrou in hof na moord op kinders
SA’ner ma vas vir moord op kinders
Mens wil nie ‘n draadsitter wees nie, maar my hart gaan uit na haar, ook haar eggenoot en meisiekind. Nog steeds, ek het nie in haar skoene een tree geloop nie, dus kan en sal ek nie oordeel nie.