Ma wat glo kinders vermoor weer in hof

facebook-picture-of-gary-clarence

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

ʼn Suid-Afrikaaanse ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar drie jong gestremde kinders in Engeland vermoor het, sal Vrydag na verwagting weer in die Old Bailey verskyn vir ʼn voorverhoor.

Tania Clarence (42) van Londen het tydens haar vorige hofverskyning huilend erken dat sy die kinders vermoor het. Sy het skuldig gepleit op aanklag van manslag met “verminderde aanspreeklikheid”, maar sy ontken die aanklag van moord.

Die vierjarige Olivia en driejarige tweeling, Ben en Max, is tussen 20 en 23 April 2014 oorlede.

Clarence se verhoor wat tussen drie en vier weke lank sal duur, is geskeduleer om op 21 Februarie 2015 te begin. Sy is steeds onder bewaking in ʼn psigiatriese hospitaal.

Die polisie is op 22 April na die gesin se vyf slaapkamer huis in Thetfordweg in die welgestelde voorstad New Malden ontbied waar hulle op die kinders afgekom het. Die kinders is op die toneel dood verklaar.

Al drie die kinders het aan spinale spierdistrofie gely. Die siekte, wat ook as “floppy baby”-sindroom bekend staan, veroorsaak dat kinders nie beheer het oor hul bewegings nie en hul lewensverwagting word drasties beperk.

Lees alle vorige berigte oor Tania Clarence.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.