Macedonië sluit grens met Griekeland

Argieffoto/Jaz O'Hara/Facebook

Argieffoto/Jaz O’Hara/Facebook

Macedonië het stil-stil sy grens met Griekeland gesluit wat beteken dat sowat 600 vlugtelinge in winterweer van tot -15 °C gestrand is aan die Griekse kant van die grens.

Volgens Macedoniese amptenare is dié sluiting ʼn tydelike maatreël, glo omdat die naburige Slowenië probleme het met sy treinstelsel. Die Sloweense treinmaatskappy SZ het dié aantygings ontken.

Intussen het Serwië ook aangekondig dat geen vlugtelinge op sy grondgebied toegelaat sal word nie tensy hulle kan aandui dat hulle asiel soek in Oostenryk of Duitsland.

In Kroasië waar ʼn regsgesinde regering later dié week aan bewind kom en wat na verwagting strenger beheer oor vlugtelingvloei beplan, moet vlugtelinge eweneens kan aandui dat hulle asielsoekers op pad na Oostenryk of Duitsland is.

Onlangs het Oostenryk strenger beheer aangekondig en gesê net vlugtelinge met geldige identiteitsdokumente en wat kwalifiseer vir asiel sal toegelaat word in die land. Alle sogenaamde ekonomiese vlugtelinge sal na hul land van herkoms teruggestuur word.

ʼn Woordvoerder vir die VN se vlugtelinge-agentskap in Serwië het gewaarsku dat al meer vlugtelinge wat in Europa aankom griep en lugweginfeksies het. Sy het gesê van die vlugtelinge is voorsien van klere en medisyne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Maak Frau Merker se land n vlugtelingskamp. Hulle het baie simpatie en behoort die situasie goed te hanteer.

Trolle ·

Stuur hulle Duitslant toe,daai mense is mal oor immigrante.

HEVW ·

Dee, dankie jy is n hulpvaardige mens. Hier tussen ons duitse mense, Merkers, Daarom het die L n R geword.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.