Macron wen Franse verkiesing

Emmanuel Macron verlaat die Louvre Museum in Parys nadat hy sy ondersteuners toegespreek het (7 Mei 2017). Foto: Philippe Lopez/Pool Photo via AP

Emmanuel Macron (39) is Sondagaand as Frankryk se jongste president nog aangewys.

Vooruitskattings het voorspel dat Macron, voormalige minister van ekonomie, die Nasionale Front se Marine le Pen sal uitstof om die vyfjaar-presidentskap te wen. Le Pen het haar nederlaag erken deur te sê Frankryk se burgers het besluit om vir kontinuïteit te stem.

Talle mense het Sondagaand by die Place de la Republique in Parys saamgedrom en die nuus van Macron se presidentskap verwelkom met motors wat toeter geblaas en mense wat hul goedkeuring uitgeroep het. Die plein, wat bekend is vir skermutselings tussen betogers en polisiebeamptes, was hierdie keer kalm en geen ekstra polisielede moes ontplooi word nie.

Volgens die voorlopige data wat aangekondig is nadat 98% van die stemme getel is, het Macron met 65,8% van die stemme gewen.

Mense waai vlae vanaf ʼn straatlamp by die Louvre Museum in Parys, Frankryk waar hulle wag op Emmanuel Macron om sy ondersteuners toe te spreek (7 Mei 2017). Foto: AP Photo/Buhran Ozbilici

Teresa May, Brittanje se eerste minister, het Sondagaand Macron gelukgewens en gesê sy is gereed om saam met hom te werk, het ʼn Downing Street-woordvoerder gesê. “Die eerste minister [May] het met Macron gepraat om hom geluk te wens met sy oorwinning. Die leiers het kortliks Brexit bespreek en die Eerste Minister het beklemtoon dat die Verenigde Koninkryk ʼn sterk vennootskap wil handhaaf om ʼn veilige en welvarende Europese Unie te verseker wanneer ons dit verlaat,” het die woordvoerder gesê.

François Hollande, Frankryk se president, het op Twitter gesê hy het Macron persoonlik gelukgewens met sy oorwinning en sy wens uitgespreek vir volgehoue sukses vir die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Valerie ·

Dit gaan Frankryk baie kos. Maak maar reg vir talle terroriste aanvalle. ‘n Nat-agter-die-oor liberale mannetjie.

Willem ·

Beter as die malle Le Pen wat in Putin se gatsak is, en beter as die stapelgek Trump wat ons in WW3 wil insleep

Boerseun ·

Willem, veduidelik hoe is dit beter asb dat ons jou uitgangspunt ook kan verstaan.

Willem ·

Boerseun,

Dis nie moeilik nie. Putin het vir Le Pen ge-“bankroll” en die russe het nog Marcon se emails gehack om die verkiesing se resultaat te beinvloed, nes die verkiesing in die VSA waar Trump gewen het. Wil ons regtig die russe as puppet masters in Frankryk en die VSA hê?

Andries Erwee ·

Willem ken dalk nie Macron persoonlik nie, maar hy weet duidelik waRvan hy praat. Hy gebruik waRskynlik goeie bronne en beslis nie Facebook, fakenews en Youtube as inligtingsbron nie.

Staatsgeld ·

Jay nou kan ek en al my maters regoor die wereld daarheen emmigreer en op hulle gaan teer, kom laat ons gaan….

Bankier ·

Ek wil graag namens die bankiers en skatryk sakemanne die Franse publiek bedank dat julle ons aan stuur van sake plaas.

John ·

Maak jy nou ‘n grap? Het jy vergeet van die EU se Duitse-handjie wat die sweep klap?

William ·

Koebaai Frankryk!. Hallo 3rd World!..
Net wat die NWO wil vermag.

Dat mense dit nie sien nie gaan my verstand te bowe!.

RIP Europa.

chrisp ·

Gaan lees bietjie wyer as die HSM.Dan kan jy sommer ophou raai.
Die mense wat “wapens van massa vernietiging” as ‘n leuen afgemaak het was ook mos sameswerings malles of hoe?

Thuunda ·

Buh-Baai Frankryk…hello 3de Wereld!

Geniet dit, julle het gestem vir dit. Maai wat julle saai.

Mens kan altyd op die Franse staatmaak om die verkeerde besluite te maak…hulle gee maar altyd op voor die geveg nog begin het.

Ek voel jammer vir die Franse wat vir Le Pen gestem het en nou met die gemors van ‘n situasie moet sit.

Boertjie ·

Hier gaan ons alweer los Frankryk uit en bekommer ons liewer oor ons eie land. Dink net wat se die Franse van ons land……

Willem ·

Presies

Die spul Afrikaners wat nog nooit kon saamstaan nie wys die vinger na ‘n eerstewêreldland….

henry ·

Stem heeltemal saam. So maklik om ander lande se foute te probeer uitwys waar ons eie land in chaos is. Ek dink nie enige iemand sal ons ernstig kan opvat nie.

Pietie ·

Le Pen is AWB-lite. Gelukkig het gesonde verstand geseevier.

Jacobus ·

Rerig?? So om jou kultuur en mense veilig te probeer hou is AWB? Sjoe leer ek nou iets…

Pietie ·

Nogal vreemd dat ons eie groepie verregses so agteroor val om Le Pen te ondersteun. Diegene hoop ook om vlugtingstatus te ontvang en as Le Pen gewen het, was hul doppie geklink om in Frankryk toegelaat te word. So skiet hulle hulself in die voet.

jaco ·

My voorouers was Franse Hugenote en ek het al die bewyse daarvoor, tot by die dorpe en plase waar hulle in Frankrijk gewoon het. So met al Frankrijk second vrye maklike immigrasiewette en Hulle maklike aanvaarding van onwettige immigrante, kan hulle my mos ook maar toelaat. Ek gee toe, daar is probleme, maar dis ook ‘n land SONDER beurtkrag, regstellende aksie, ministers wat belastinggeld steel, misdaad om elke hoek en draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.