‘Maddie’-verdagte in hof oor onverwante sake

Madeleine McCann.

Die hoofverdagte in die verdwyning van die Britse kleuter Madeleine McCann sal van Februarie in ʼn hof in Duitsland verhoor word oor vyf onverwante seksuele oortredings, het ʼn hof Donderdag gesê.

Christian B. Staan tereg op drie aanklagte van verkragting en twee aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders in Portugal tussen 2000 en 2017. Die saak begin op 16 Februarie, het die streekhof in Brunswick gesê.

Die hof het in September gehoor dat hy jurisdiksie het in die saak teen Christian B. ná ʼn regstryd met ʼn ander hof.

Christian B. is reeds agter tralies en dien sewe jaar tronkstraf uit in verband met die verkragting van ʼn 72-jarige Amerikaanse toeris in Praia da Luz, Portugal, in 2005.

Hy is die hoofverdagte in die verdwyning van Madeleine uit die gesin se vakansiewoonstel in Praia da Luz in 2007. Sy was drie jaar oud toe sy spoorloos verdwyn het.

Brunswick-staatsaanklaers het gesê hulle glo Christian B. het die meisie vermoor, maar hy is nog nie aangekla in die verband nie.

Hy is in Oktober 2022 aangekla van vyf onverwante seksuele misdrywe.

Madeleine het ʼn paar dae voor haar vierde verjaarsdag verdwyn toe haar ouers saam met vriende aandete geniet het. Ondanks ʼn grootskaalse internasionale soektog en wêreldwye mediablootstelling, was daar nog nie enige teken van haar nie. Niemand is nog ooit aangekla in verband met haar verdwyning nie.

Duitse staatsaanklaers het in 2020 onthul dat hulle Christian B. ondersoek in verband met die saak en gesê hulle het “klinkklare bewyse” dat hy Maddie vermoor het.

Ondersoekbeamptes het in Mei vanjaar ʼn drie dag lange soektog uitgevoer by ʼn reservoir in die suide van Portugal, op versoek van die Duitse staatsaanklaers. Hulle het gehoop om leidrade op te spoor.

Brunswick-staatsaanklaers het later gesê hulle het “verskeie voorwerpe” as bewysstukke versamel, maar dit is nog te gou om te bepaal of dit met die verdwyning van Madeleine verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theo ·

Waarom die Engelse woord “Brunswick” gebruik vir die Duitse deelstaat Braunschweig? Dit laat dit klink of dit iewers in Brittanje is. Sover ek weet is die Afrikaans vir Braunschweig: Brunswyk.

Terloops, Duitse name word deesdae gereeld in teks verengels. By voorbeeld: Bavaria, ‘n deelstaat van Duitsland, in plaas van Beiere (Duits: Baiern), Cologne in plaas van Keulen, vir die Duitse stad Köln, Wenen of Vienna i.p.v. Wene. Daar is aanvaarde Afrikaanse name vir Duitse plekname, maar Engels is koning!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.