Madeleine McCann: Nog geld vir soektog

Madeleine McCann

Madeleine McCann

Die polisie wat die saak van Madeleine McCann ondersoek nadat sy in 2007 in Portugal verdwyn het, het bykomende geld ontvang om die soektog vanjaar voort te sit.

Madeleine het enkele weke voor haar vierde verjaardag verdwyn uit hulle vakansiehuis in Praia da Luz. Haar ouers het die aand van 3 Mei 2007 gaan uiteet saam met vriende en Madeleine saam met haar tweelingboeties alleen in die huis gelos. Toe haar ma omstreeks 22:00 na die huis is, was Madeleine weg.

Speurders van Portugal en Engeland soek al amper tien jaar lank, maar tot dusver was daar nog geen duidelike leidrade nie. Meer as $13 miljoen is reeds uitgegee in die soektog na Madeleine.

Die Britse polisie het intussen aansoek gedoen vir verdere finansiering en $103 000 is toegestaan. Die ondersoek gaan tussen 1 April en September vanjaar plaasvind. Die polisie het nuwe wenke ontvang wat spesifiek in hierdie tydperk ondersoek gaan word.

Madeleine se ouers het onderneem om nooit op te hou soek na hul dogtertjie nie.

In Julie 2015 is ʼn jong meisie se oorskot in ʼn tas in Australië gevind en daar is vermoed dit kan moontlik Madeleine McCann se oorskot wees. Dit was egter nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

m ·

Hierdie saak bly maar weird. Niemand sal ooit weet wat hier gebeur het nie.

Rot ·

Ek ruik ‘n rot, want hoe kan jy sulke klein kinders alleen in die huis los en saam met vriende gaan uiteet!

Lisette ·

The tapas bar was on the same property within the holiday resort.
If you have ever been to a holiday resort like Drakensberg Gardens, you will be aware that all facilities are within the resort and children of all ages are free to play without their parents’ supervision.

Danie ·

Ek is voel baie jammer vir hierdie mense. Hulle het nie die kinders per sé alleen gelos nie. Hulle het gereeld gaan kyk of hulle nog steeds reg is. Die enigste fout wat hulle regtig gemaak het is om te dink dat ander dele van die wêreld net so veilig is as hulle tuisland. Dat alle mense dieselfde siening en respek deel en dat almal gelyk is in daardie opsig. Dit is ongelukkig ‘n naïewe fout wat baie mense regoor die wêreld maak. Hulle glo ander lande se mense is dieselfde as hulle eie lande se mense.

Johann ·

Hartseer hartseer. NOG tyd en geld wat nie troos kan bewerk of koop nie? Hoe besin n mens as ouer met die ouers dat om vrede te maak en aan te gaan nie beteken mens vergeet nie…bly n vreemde kwessie van dag een ag?

tess ·

ek wens dit aan geen ouer toe nie! Dit is my grootste vrees.

SARIE VAN HEERDEN ·

Dis tragies dat die polisie aanvanklik geglo het die McCann ouers het Madelein vermoor en erens begrawe. Na 10 jaar se gesoek en baie geld spandeer blyk dit nou mos duidelik te wees dat hul nie skuldig is/was nie. Ek en baie ander sou ons kinders nie sonder toesig alleen gelos het nie maar baie ander is meer ontspanne as ons ou Boere-mamma’s met ons hen-komplekse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.