Madeleine McCann: Nuwe leidrade word ondersoek

Madeleine McCann

Madeleine McCann

Die polisie het Maandag met radartoerusting in ʼn gebied in Portugal begin soek waar die driejarige Madeleine McCann in 2007 verdwyn het.

SkyNews berig ʼn paar soekgebiede is geïdentifiseer naby aan die woonstel van waar die kleuter verdwyn het, toe sy saam met haar ouers op vakansie was. Die perseel waar die soektog gedoen word was vroeër vakant, maar daar gaan binnekort glo ʼn eiendomsontwikkeling gedoen word. Dit is sowat 300 meter weg van die vakansieoord van waar sy verdwyn het.

Kate en Gerry McCann, Maddie se ouers, het glo nie na Portugal gereis om deel te neem aan die nuwe ondersoek nie.

Die polisie sal ook van snuffelhonde gebruik maak om menslike oorskot uit te ken.

Maddie het, ʼn paar dae voor haar vierde verjaarsdag, op 3 Mei 2007 verdwyn toe haar ouers saam met vriende by ʼn restaurant gaan eet het.

Speurders in Engeland het in Maart gesê hulle is op soek na ʼn pedofiel wat tussen 2004 en 2010 vyf meisies by vakansiehuise in dieselfde gebied in Praia da Luz verkrag het. Die man het glo by 12 vakansiehuise ingebreek waar Britse families tuisgegaan het.

Haar ouers is steeds vol vertroue dat sy lewend gevind gaan word.

Bron: SkyNews, SAPA, findmadeleine.com

Gerry en Kate McCann by 'n foto wat elektronies saamgestel is van hoe Maddie moontlik nou lyk Foto: John Stillwell/PA Wire

Gerry en Kate McCann by ‘n foto wat elektronies saamgestel is van hoe Maddie moontlik nou lyk Foto: John Stillwell/PA Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anon ·

Wonder of die kind nog lewend is? Hou hierdie storie van die begin af dop. Nogsteeds glo ek die ouers dra baie skuld en ek is al baie gestenig hieroor. Mens los nie jou kinders alleen en gaan eet uit nie of gaan jol rond nie. Anders moes jy nie kinders gehad het nie (punt)!

Leana ·

Sal net ‘n wonderwerk wees as die kind nog leef. Dink die ouers verwyt hulself steeds daaroor Anon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.