Madeleine McCann: Ouers het steeds hoop voor haar 18de verjaarsdag

Een van die laaste foto’s wat van Madelein McCann geneem is voor sy verdwyn het (Foto: Amptelike Find Madeline-webwerf)

Die ouers van die vermiste Britse meisie Madelein McCann sê hulle hoop nog steeds om hul dogter weer te sien, in ʼn boodskap wat uitgestuur is voor haar 18de verjaarsdag volgende week.

Madeleine het op 3 Mei 2007 uit haar gesin se woonstel in die Portugese vakansieoord, Praia da Luz verdwyn – ʼn paar dae voor haar vierder verjaarsdag. Haar ouers saam met vriende aandete by ʼn nabygeleë restaurant geniet toe sy verdwyn het.

“Elke Meimaand is moeilik – ʼn herinnering van die jare wat verbygegaan het, jare wat verlore of gesteel is. Hierdie jaar is dit veral moeilik omdat ons veronderstel is om Madeleine se 18de verjaarsdag te vier,” het Kate en Gerry McCann Maandag in ʼn verklaring gesê.

In die boodskap voor Madeleine se verjaarsdag op 12 Mei, wat op die amptelike Find Madeleine Campaign-webwerf gedeel is, sê die egpaar hulle “hou vas aan die hoop, maak nie saak hoe klein dit is nie, dat ons Madeleine weer sal sien”.

Die ouers sê hulle is “baie dankbaar” vir die ondersteuning wat hulle oor die jare heen van die publiek ontvang het – in een van Brittanje se mees hoëprofiel vermistepersoon-sake.

Ondanks ʼn groot internasionale soektog na Madeleine was daar nog geen teken van haar nie en niemand is nog ooit aangekla oor haar verdwyning nie.

Duitse ondersoekbeamptes het egter ʼn veroordeelde seksoortreder, wat in die media as “Christian B.” bekendgemaak is, as ʼn primêre verdagte in die saak uitgeken.

The Sun-koerant het Dinsdag berig Duitse speurders het nuwe inligting ontvang oor die tyd wat die man in die 2000’s in Portugal gewoon het.

The Sunday Times het oor die naweek gesê die polisie in Duitsland hoop om hom ook binne drie maande aan te kla van die verkragting van ʼn Ierse toergids in 2004. Christian B. word daarvan verdink dat hy die vrou verkrag het, slegs 30 minute van waar Madeleine ontvoer is. Hy dien tans ʼn sewe jaar lange vonnis uit in ʼn tronk in Hanover in die noorde van Duitsland vir die verkragting van ʼn 72-jarige Amerikaner in Praia da Luz in 2005.

Londen se metropolitaanse polisie hanteer Madeleine se verdwyning steeds as ʼn vermistepersoon-saak.

Kate en Gerry het gesê hulle is “dankbaar vir die polisie se voortgesette pogings” en bygevoeg “die ondersoek om Madeleine en haar ontvoerder te vind het voortgedeur ondanks die koronavirus-pandemie”.

“Soos wat ons al herhaaldelike gesê het: Ons moet weet wat met ons liefling dogter gebeur het, maak nie saak wat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Ek het onlangs ‘n dokumenter gekyk oor haar verdwyning en onderhoude met ondersoekers en owehede wat die saak ondersoek het. Ek is jammerom te sê, maar daar is ongelukkig baie vingers wat wys na die ouers. Baie hartseer en indien hulle wel skuldig is, sal hulle aan God moet antwoord

Marcello ·

Ek kan nie glo ‘ n ouer kan ‘n kind van 3 jaar alleen laat in ‘n hotel kamer en uitgaan nie, ek het geen simpatie met sulke agterlosige ouers nie. Ek voel jammer vir die kind wat die gevolge moes dra van sulke ouers.

Korrelkop ·

Op ‘n stadium was die duitsers SEKER dat Christian B vir haar verwyning verantwoordelik is… Hoe dan nou??

N ·

Die storie word nou al 14 jaar lank op ons afgedwing deur die media. Die ouers was nalatig en moet die sluld hiervoor dra. Daar was al in tussen tyd honderde, meer realisties duisende sake van kinders wat wegraak in ons eie land en geen aandag word hieraan gegee nie.

isabelle ·

ek het die storie gevolg….

Ek bid vir die kind se veiligheid
indien die ouers haar nie vind nie
bid ek dat sy veilig is en geliefd is
ek spreek lewe oor die mensie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.