Madeleine McCann se ouers kap terug oor nuwe dokumentêr

Madeleine McCann soos sy gelyk het toe sy as driejarige dogtertjie vermis geraak het. (Foto: http://findmadeleine.com)

Die ouers van Madeleine McCann, die driejarige Britse meisie wat in 2007 spoorloos verdwyn het terwyl die gesin in Portugal op vakansie was, sê ʼn nuwe dokumentêr oor hul kind se verdwyning weerspieël nié hul sienings en voorkeure nie.

Dit kom nadat Netflix pas ʼn dokumentêr bekendgestel het oor die raaiselagtige verdwyning van Madeleine, ʼn saak wat destyds skokgolwe oor die wêreld heen gestuur het en byna 12 jaar later steeds onopgelos bly.

The disappearance of Madeleine McCann is ʼn Netflix-reeks van agt episodes wat die storie vertel van die aand van 3 Mei 2007 toe Madeleine uit die gesin se vakansiewoonstel in Praia da Luz in Portugal verdwyn het en die jarelange soektog wat gevolg het.

In die dokumentêr word onder meer gepraat met ondersoekbeamptes in die saak, mense wat deel was van die heel eerste soekgeselskap wat na Madeleine begin soek het en joernaliste wat die saak van die begin af gedek het. Kenners bespiegel ook oor verskillende teorieë oor wat van Madeleine kon geword het.

Kate en Gerry McCann, Madeleine se ouers, het in ʼn kort verklaring gesê die maatskappy wat die reeks vervaardig het, het hulle genader en gevra om hul insette aan die dokumentêr te gee. “Ons kon nie sien en kan steeds nie sien hoe hierdie program sal help in die soektog na Madeleine nie, veral nie aangesien daar ʼn aktiewe polisieondersoek aan die gang is en die reeks dit moontlik kan benadeel nie,” lui die verklaring.

‘n Foto wat gemanipuleer is om uit te beeld hoe Madeleine min of meer sou lyk as negejarige kind. (Foto: http://findmadeleine.com)

“Ons sal nie enige verdere verklarings uitreik of enige onderhoud toestaan oor hierdie program nie.”

Kate en Gerry het die aand van 3 Mei 2007 vir Madeleine en haar jonger broer en suster, ʼn tweeling destyds twee jaar oud, in hul vakansiewoonstel gelos waar hulle geslaap het terwyl hulle saam met vriende by ʼn restaurant sowat 55 m van die woonstel af gaan eet het. Die ouers het kort-kort deur die aand om die beurt na die woonstel teruggegaan om te kyk of die kinders oukei is. Omstreeks 22:00 het Kate weer gaan kyk en toe ontdek dat Madeleine uit haar bed verdwyn het.

Sy is nooit weer gesien nie.

Die McCann‑gesin het sedert Madeleine se verdwyning nog nooit opgehou om na haar te soek nie. Owerhede kon nooit enige aanduiding vind dat Madeleine nog lewe of dat sy dood is nie, en die ondersoek na die saak het reeds miljoene pond beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Wonder maar net ·

Ek wonder maar net hoe kon ouers hulle kinders alleen los op so bitter klein ouderdom. Ek wonder indien Madelene steeds leef of sy enige iets van haar “vorige” lewe kan onthou. Ek wonder oor so baie kwessies rondom die gegewe situasie.

Andreas ·

Ek het idee die wêreld wonder saam met jou, die wat kinders en die daarsonder.

jessica ·

I agree, what kind of parents leave such small kids alone in a hotel bedroom, that’s what you call irresponsible parents, to late now to cry, she is gone where in the world do you start looking for your child, it’s a nightmare, child trafficking is so high they use kids for sex slavery, same as the girls who went missing around 30 years from Johannesburg and never been found from the Gert Van Rooyen case. Shocking parents should watch their kids and not leave them alone or wonder around on their own take responsibility please

Cherokee ·

Die foto wat sê dit is hoe sy gelyk het op 3 jaar, is oordrewe ge-photoshop. Almal ken daardie foto met die vel so glad soos ‘n spieël, die oë vergroot, die wimpers met eyelash brushes aangepas en die hare is glad gevee. ‘n Lieflike meisiekind maar die foto wat oor en oor gebruik word is verander en laat haar kunsmatig lyk, soos enige photoshop gebruiker sal bevestig.

Cherokee ·

Toegegee, dit is so, maar al die ander meisies saam met my is ook ge ‘photoshot’. Dìt is immers wat op soortgelyke kompetisies gedoen word.

Anoniem ·

Cherokee jy praat mos nou onsin! Dis hoe 3 jarige kindertjies lyk! Hulle velle is glad en vlekkeloos en haar wimpers lyk heeltemal natuurlik

Santjie ·

En WAT het dit nou met die storie te doen? Jy het seker nog nooit klein dogtertjies gesien nie? – vra maar net

Randie ·

Net een ding… hoe los ouers drie- en tweejarige kinders alleen…?

MammaVan ·

Ek wonder ook daaroor… 55m is te ver. As iemand wakker geword het en histeries geskree het sou geen ouer hulle kon hoor nie.

Snuffels ·

En toe is die prys wat julle betaal om eerder by n restaurant te gaan eet baie hoog. Onbevoegde ouers, hoop daai ete was smaaklik. Baie hartseer!

Cherokee ·

Waarom dink jy hulle lees Maroela, Snuffels? Wie gaan dit vir hulle vertaal? Ek besef my eie kritiek is ook gerig teenoor ‘n oorsese fotograaf, maar ten minste verwag ek nie van hom/haar om Maroela te vertaal ten einde te lees nie.

@Cherokee ·

…waarom dan JOU onsinnige kommentaar? Lyk soms of jy verplig voel om op 100e beirgte en dan nog ook op ander kommentare kommentaar te lewer. Eers haal jy Snuffels uit maar jy het dieselfde gedoen. Asseblief tog jong

GM ·

Ek kan nie insien hoe ouers sulke jong kinders alleen los nie. Hulle het probeer om elke halfuur te gaan kyk of hul okay is, wat beter is as glad nie gaan kyk nie, maar wat kan nie als binne ‘n halfuur skeefloop nie? My 2-jarige klouter op als. As sy iets van die toonbank wil afhaal, sal sy ‘n stoel in ‘n ander vertrek gaan haal. Sy haal goed uit laaie uit, so ek moet altyd sorg dat die messe buite bereik is. So kan ek aangaan.
Maar dan is my ander vraag ook – Hoe kan mense so wreed wees om ‘n ander se kind net te vat – dis die ouers se als wat net weggeruk word, en vir wat? Geld?

Ek wil nie eers weet wat deur die ouers se gedagtes gaan nie. Dis ‘n vreeslike hartseer verhaal.

Piet kokewiet ·

Snaaks hoe net 1 kind verdwyn het…. en wie in sy regte mind los n kinders alleen…

Jacoba ·

wou jy dan graag gehad het die ander kinders moes ook verdwyn het?

@Piet Kokewiet ·

Ek stem saam.
As dit mense handel was….hkm net 1 kind vat?
die hele storie maak niks sin nie.
En hoekom wil die ouers moan oor n documenter? genade enige iets sal ek doen om my kind op te spoor

Marinda ·

Klink vir my hulle wil nie hê hulle kind moet gevind word nie. En hoekom hulle kinders alleen los en gaan uit eet? Nee, ek verstaan nie hierdie ouers nie.

JAN ·

Aaklige riller.
Net soos die handewerk van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff.
Hel.
Daar is ń storie dat die dogtertjie per ongeluk verdrink het. Nou is die ouers beide drs die prinêre verdagtes want geen ander verdagte kon gevind word!!
Geweldig erg.

Louw ·

Hulle ondersteun nie die storie wat die dokumentêr voorle nie.. aka die WAARHEID. Al daardie weird dinge soos toe haar kind weg is en sy dring aan, nee sy het nie net dalk deur die oop deur uitgedwaal nie, sy is gevat. Maar tog los sy die tweeling steeds alleen waar haar kind ‘gevat’ is. Of die honde wat haar bloed reuk in die woonstel opgetel het. Almal wat iets van die saak weet, WEET die McCann’s lieg oor wat daardie aand gebeur het.

Heksie ·

Ek het ook my bedenkinge oor die feit dat niemand ooit ‘n spoor van daardie klein mensie kon kry nie … wie steek wat weg?

jessica ·

They not supporting the documentary, are the scared the truth will come out, who knows maybe they behind the disappearing of the child, why let them go ahead with the documentary it can maybe help that someone out there will see the child where ever she is , i pray to god the truth comes out, how on earth do you sleep not knowing where your child is in this world.

Sandy ·

100% agreed! Both those highly trained cadaver and blood tracking dogs couldn’t be wrong on 4 separate incidents where Maddie’s parents were identified as the prime suspects….they got off due to politics and poor quality DNA,….and why would they be against the Netflix series, surely it would promote her ‘disappearance’…..they knew their professional lives as doctors would’ve been ruined if they owned up to accidentally killing / overdosing her….I find it interesting that the series doesn’t mention whether the parents were ever ordered to do polygraph tests and if so what the results were?

Wonder ·

Hoekom word CHEROKEE se aanvalle oo ander kommentaarleweraars altyd gepubliseer maar as ander sulke dinge doeb word dit nie gepubkiseer nie of dit word verwyder.

@wonder ·

Wonder, ek het dieslefde AAN C gevra maar dit is weereens nie geplaas nie. En C voel altyd verplig om kommentaar te lewer EN dan nog op ande rkommentare ook. : (

Heksie ·

Ekt nooit my kinders vir ‘n oomblik onder my oë laat uitgaan, toe hulle so jonk was nie …
En dié mense noem hulself professionele mense …

HPV ·

Wat het toe van Danie Krügel en sy wonder instrument geword? “Quantum science” soos hy beweer het.

OUD EN NOU ·

dis nogal snaaks almal vergeet daai tyd het ek as kind in die straat gespeel tot die ligte aakom .bloke ver gespeel met maatjies en alleen terug geloop huis toe , stenig julel ou regtig die ouers oor dieselfde gedoen het as jou ouers 12 jaar terug …ek kan onthou as kid hoe ons kon speel op plaas nou kan jy skaar na donker uit in dorp of plaas…so kom nou bid eerder dat die kind gevind sou word of hoe ookal ..tye het verander van nou en daai tyd…kyk na julle eie lewe as kinders

blomkind ·

My eerste vraag ook gewees, hoe los jy 3 sulke klein lyfies alleen by die huis terwyl jy lekker gaan sit en eet 55m weg van hulle af, as hulle ‘n gil sou hoor sou hulle in elkgeval nie gou genoeg daar kon uit kom nie. Ek stem saam baie van julle, hier is iets snaaks aan die gang. Sal graag die reeks wil kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.