Madeleine McCann-verdagte verdedig onskuld

Madeleine McCann

Christian Brueckner (43), ʼn veroordeelde verkragter van Duitsland, wat Vrydag formeel as die verdagte in die Madeleine McCann-saak geïdentifiseer is, het in ʼn brief sy onskuld verdedig.

Die Daily Mail berig ʼn dokument is Donderdagaand aan Brueckner in die tronk oorhandig wat hom inlig dat hy die amptelike verdagte in die saak is. Brueckner dien tans sewe jaar tronkstraf in Duitsland uit vir die verkragting van ʼn 72-jarige vrou.

Christian B.

Hy het in antwoord op die dokument ʼn brief geskryf waarin hy beweer dat hy hom nie die aand van Madeleine se verdwyning in die omgewing Praia da Luz in Portugal bevind het nie. Madeleine het in 2007 vanuit ʼn vakansieoord in dié omgewing verdwyn waar sy saam met haar ouers met vakansie was.

Brueckner sê in die brief dat die owerhede geen bewyse het dat hy by die McCann-saak betrokke is nie.

“Ek het niemand ontvoer of doodgemaak nie,” skryf hy.

Die Daily Record berig Duitse prokureurs het in Junie 2020 gesê Brueckner is verantwoordelik vir Madeleine se ontvoering en moord. Hulle kon hom egter nie formeel aankla nie weens ʼn gebrek aan bewyse.

Brueckner het ook sedertdien geweier om met ondersoekers oor die saak te praat.

Brueckner het in 1995 na Portugal gevlug nadat hy twee jaar tronkstraf uitgedien het vir kindermishandeling.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Janine ·

Tans in tronk vir verkragting van ‘n 72 jarige… Jou vuil gemors. Moes jou na die verkragting gehang het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.