Madeleine McCann: Vrae ná onbekende kleuter se oorskot gevind is

Madeleine McCann.

Madeleine McCann.

Die ontdekking van ʼn jong meisie se oorskot in ʼn tas in Australië het die vermoede laat ontstaan dat dit moontlik dié van die driejarige Madeleine McCann kan wees wat al sedert 2007 vermis is.

Die Daily Mail berig Britse polisie het die Australiese owerheid genader nadat die liggaam van ʼn jong meisie in ʼn tas langs ʼn afgeleë pad in Wynarka naby Adelaide in Suid-Australië vroeër vandeesmaand gevind is. Volgens die plaaslike polisie is die meisie tussen twee en vier jaar oud, het ligte hare en lyk of sy al sedert 2007 dood is.

Die blondekop-Madeleine was drie jaar oud toe sy op 3 Mei 2007 vanuit haar gesin se vakansiewoonstel in Portugal vermis geraak het.

Volgens die Daily Mail kon Australiese polisie tot dusver nie die meisie in die tas eien nie, maar hulle meen die tas is ongeveer vier maande gelede langs die pad gelos.

Grant Stevens, die Australiese polisiekommissaris, het egter gesê daar is “absoluut geen bewyse” dat die oorskot wat gevind is met Madeleine verbind kan word nie. “Om so iets in hierdie stadium voor te stel, sal bloot bespiegeling wees om aandag te kry,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ben ·

Kry net ‘n DNA- monster vann die ma/pa en daar is geen rede om te raai nie.

zahn ·

….dit lyk of sy al sedert 2007 dood is. Nê! Tegnologie is ‘n wetter as hy verby jou gegaan het…maar jho, dis darem baie fyn gesny hierdie liegstorie!

Se Maar Net ·

Vir soveel jare soek die ouers al die klein mensie. Hulle is al self verdink dat hulle by haar verdwyning betrokke was, maar kon dit nie bewys nie. Hoe wreed dit ook mag klink, maar laat dit dan die liggaampie wees van die pragtige mensie, sodat haar ouers kan vrede vind, en tenminste ‘n graffie het om te besoek. Ek wens haar nie dood nie!!! Want die gesoek en die vrae rondom haar moet hulle sekerlik mal maak. Dan kan die polisie nou ‘n moordenaar soek.

NL ·

…maar hulle meen die tas is ongeveer vier maande gelede langs die pad gelos.

Dit beteken iemand het die tas daar gaan aflaai, dalk die moordenaar?
Dalk iemand wat se gewete hulle ingehaal het?

Ek stem saam met “Se Maar Net” as dit klein Madeleine is dan sal die ouers rus kan kry en ‘n graf he om te besoek. (Ook ek wens haar nie dood nie, maar elke ouer wat ‘n kind verloor verdien om vrede te he daaroor)

Dave ·

Nee ‘Sê-maar-net’ en ‘NL’, ek verskil kompleet met julle want julle wil die ouers ontneem van alle hoop. Hulle droom beslis steeds oor ‘n moontlikheid dat sy eendag kan terugkeer.

SNEL ·

Is hierdie nie bietjie ver gevat nie, om n kind van Portugal na Australië te bring sonder n wettige paspoort. Seker goed dat hulle kyk of dit nie sy is nie, maar is dit so maklik om n kind op n vliegtuig te laai, sonder dat daai kind jou ken en sonder dat iemand iets agterkom? Dit slaan mens dronk oor watse siek mense mens in die wêreld kry, om n klein kindjie van haar of sy ouers te steel en dan wil mens nie eers dink wat hulle alles met daai arme kind doen nie. Hoop ook regtig dat hierdie ouers nog antwoorde op hulle vrae sal kry.

EMK ·

Snel, jy sal skrik as jy weet hoe werk mensehandel;, om ‘n vervalste paspoort te kry om ‘n kind of enigeen te ontvoer en as slaaf of watookal te verkoop is NIKS vir die tipe goed wat die duiwelsdinge doen nie.

BoereBikerBaby ·

hoe is dit moontlik dat die tas so lank daar kon le voor iemand ondersoek ingestel het? something is not cosure regarding daai statement nie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.