Madonna onthul sy is as jong meisie verkrag

Madonna op die voorblad van Harper's Bazaar. Foto: Facebook

Madonna op die voorblad van Harper’s Bazaar. Foto: Facebook

Die Amerikaanse popikoon Madonna sê sy is as jong meisie met ʼn mes aangehou en verkrag.

Die 55-jarige sangeres het aan die modetydskrif Harper’s Bazaar gesê die voorval het kort nadat sy na New York getrek het, plaasgevind. “New York was nie alles wat ek gedink het dit sou wees nie. Ek is nie met ope arms verwelkom nie.” Madonna sê sy moes naak poseer vir kunsklasse ten einde haar woonstel se huur te betaal. “Die eerste jaar is ek met ʼn vuurwapen aangehou. Ek is op die dak van ʼn gebou verkrag en daar is drie keer by my woonstel ingebreek.” In die artikel word daar ook verwys na haar omstrede loopbaan, haar huwelik met Guy Ritchie en haar eksperimentering met verskillende gelowe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Ek klink nou vreeslik harteloos, maar hoe is dit dat vroue wat volgens hulle dertig of veertig of twintig jaar gelede verkrag is, nou eers na vore kom? Dit gebeur darem die laaste tyd darem net te veel met eentonige reelmaat dat of bekende en beroemde vroue as jong meisie verkrag is of dat bekende mense jare na die beweerde voorval nou skielik daarvan aangekla word.

Sarie van Niekerk ·

Ek stem Vas Vat sy kry nou nie meer genoeg publisiteit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.