Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes

01be3d395dd399cb7a1780083126f30b_LMalaysia Airlines het Maandag gesê “hulle moet aanneem” dat die vermiste vlug MH370 in die Indiese Oseaan neergestort het maar het beloof dat die soektog na die vliegtuig sal voortgaan.

“Malaysia Airlines betreur die feit dat ons moet aanneem dat MH370 in die suidelike Indiese Oseaan opgeëindig het,” het die lugredery in ʼn verklaring gesê. “Namens almal van ons by Malaysia Airlines en alle Maleisiërs, ons gebede gaan uit aan die al die geliefdes in die geweldige pynlike tyd. Ons weet daar is geen woorde wat ons of iemand anders kan sê wat julle pyn kan verlig nie.” Die lugredery het beloof dat die soektog na die vermiste vliegtuig sal voortgaan. Die lugredery het ook aangekondig dat indien die vliegtuig se wrak gevind word, naasbestaandes na die ligging vervoer sal word.

Najib Razak, eerste minister van Maleisië, het vroeër aangekondig dat die vermiste vliegtuig in die Indiese Oseaan neergestort het en dat almal aan boord oorlede is. “Verteenwoordigers van die vliegtuigongeluk-ondersoekspan in die Verenigde Koninkryk (AAIB) het my vanaand in kennis gestel dat Inmarsat, die Britse maatskappy wat satellietdata oor die vliegtuig verskaf het, verdere berekeninge gemaak het,” het Razak Maandag tydens ʼn perskonferensie gesê. “Op grond van die nuwe analise het Inmarsat en die AAIB bepaal dat vlug MH370 langs die suidelike korridor gevlieg het en die laaste posisie van die vliegtuig was in die middel van die Indiese Oseaan, wes van Perth.”

Volgens Razak is dit ʼn afgeleë ligging, ver van enige landingstroke. “Dit is daarom, met die grootste hartseer, dat ek julle in kennis moet stel dat vlug MH370 in die suidelike Indiese Oseaan neergestort het.” Hy het gesê ʼn perskonferensie is vir Dinsdag geskeduleer met verdere besonderhede.

Lees ook:
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.