Malaysia Airlines-vliegtuig doen noodlanding

malaysia airlines‘n Vliegtuig van Malaysia Airlines, wat van Kuala Lumpur na Indië onderweg was, moes omdraai en ʼn noodlanding doen.

Volgens die lugredery het een van die bande aan die regterkantste landingstelsel tydens opstyging gebars. “Die kaptein is deur lugverkeerbeheer ingelig dat oorblyfsels van die band op die aanloopbaan gevind is.” Vlug MH192 het Sondagaand omstreeks 22:09 van Kuala Lumpur na Bangalore, Indië vertrek. Die vliegtuig het omstreeks 1:56 Maandagoggend die noodlanding uitgevoer.

Die lugdiens is onder die soeklig ná die verdwyning van vlug MH370 op 8 Maart met 239 mense aan boord. Geen wrakstukke van die vermiste vliegtuig is nog gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.