Maleisië wil doodstraf afskaf

Argieffoto (Foto: CikguWan/Pixabay)

Owerhede in Maleisië het Woensdag aangekondig dat die kabinet besluit het om die doodstraf in dié land af te skaf.

Liew Vui Keong, minister aan die hoof van wetgewing, het gesê dié besluit sal tydens die volgende parlementsitting, wat op 15 Oktober begin, ter tafel gelê word. Alle teregstellings word met onmiddellike effek opgeskort terwyl die departement sekere sake hersien.

“Die doodstraf sal afgeskaf word. Dit is finaal,” het hy aan plaaslike verslaggewers by Universiti Malaya gesê. “Ons bestudeer sekere kwessies. Ons moet dit hersien en almal se menings aanhoor, maar die besluit vandag is om die doodstraf af te skaf

Die paroolraad sal ook aansoeke van persone, wat die doodstraf opgelê is, hersien. Dié gevangenes se tronkstraf sal nou in lewenslange tronkstraf omgeskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Dink eerder weer. Kom kyk hoe het daardie besluit uitgedraai hier in wat oor is van ons stukkie aarde.

JK ·

Daars een groot verskil tussen hier en in SA. Maar dink self dis n slegte idee om dit te skrap.

Liefie ·

Hierdie besluit gaan berou word. Kyk maar net na SA. Ek is baie jammer maar eerder die doodstraf as wat my hard verdiende belasting geld wat gebruik moet word om n krimineel lewenslank te voer.

JK ·

Jy kan nie vergelyk met SA nie, SA en Honduras ens kan vergelyk word. Nie die 2 lande nie.

Nita ·

Hulle maak n groot fout. Hul moordsyfers gaan ook die hoogtes inskiet.

Sanna ·

Tot hulle ‘n Duterte as ‘n leier kry om die dwelmhool waarin hulle ook nou gaan ontaard te herskep. Weeens ons het ‘n Duterte iewers onder ons politici gehad, maar intelligensie, dapperheid en integriteit het homself nog nooit hier kom vestig in een van vandag se leiers nie.

Essa ·

Ek hoop werklik dat hierdie wending positiewe uitkoms sal he vir Letitia Bosman wat juis vandag in Maleisie in die hof verskyn in ‘n laaste poging om doodstraf na lewenslank te verander. (Verwys na MM berig van 16 Augustus). Kan MM dalk ‘n opvolg doen oor haar lot? Ek hou styf duimvas vir haar en haar ma vir goeie nuus.

Botterblom ·

Dit begin met sulke klein skuiwe…. wette wat een na die ander verander word…. Duiwel speel strategies die skaakspel… skaakmat..

Leandra ·

Los ons libbies uit, ons het baie veiligheidswagte wat ons oppas en ons bly in veiligheidskomplekse met hoe mure, die toenemende misdaad is julle gewone mense se probleem.

Peter ·

Saffas, julle kan nie vergelyk nie. Ons het nie in Malaysia groepe geonderdruk vir jaaaare nie, nie n groep uit die samelewing geskyf om ons self te bevoordeel nie. Julle gaan nou weer kom met “kom oor dit” maar dit bly die waarheid, en dus hoekom ons nie in n riool land sal val NET omdat die doodstraf weg is nie.

Innocence project ·

Jy is 100% reg. Bo op dit is daar ook teveel onskuldige mense in die tronk, waarvan baie te dood veroordeel word.

Gerhard ·

Ek die kommentators wat dink Maleisie maak ‘n fout met die afskaffing van die doodstraf omdat hulle dink dit sal opeindig soos Suid-Afrika maak ‘n paar foute in hul denke. Die eerste is dat Maleisie nie Suid-Afrika is nie. Die omstandighede verskil. Die tweede is dat hulle dink die doodstraf ‘n verbetering in SA tot gevolg sal. Dit sal soos enigiets anders met dubbele standaarde toegepas word en die wat nou so ten gunste is sal die eerste wees wat kla as dit weer wet word.

Leandra ·

Gerhard, doodstraf is n afskrikmiddel vir moordenaars maar dis nie polities korrek om dit te noem nie.

honourable member ·

Ai ai. Mense leer ook nie. Dis vandat die doodstraf hier afgeskaal is dat die land so verval het en die kriminele soos konings in tronke leef. Hulle word soos beskermde wild behandel en hulle menseregte is tog so belangrik… Daar is net geen afskrikmiddel meer nie. Lewens het goedkoop geword.

Poot ·

@Leandra
So jy reken dit is polities korrek vir die krimineel om ‘n wetsgehoorsame belating betaler wat bydra tot die land se ekonomie se lewe te neem?
Get real…. wat is die verskil? Moord is moord, ongeag die land geskiedenis of politieke oortuigings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.