Maleisiese lugredery sal kansellasies terugbetaal

malaysia airlinesMalaysia Airlines het gesê hy sal passasiers ten volle terugbetaal indien hulle hul vliegkaartjies wil kanselleer in die lig van die MH17-tragedie maande nadat vlug MH370 verdwyn het.

Passasiers sal tot Donderdag nie finansieel gepenaliseer word indien hulle enige vliegkaartjies vir die res van die jaar wil kanselleer nie. “Malaysia Airlines sal ook nie enige fooie hef indien passasiers hul reisprogram na enige bestemmings wil verander nie,” het die lugredery in ʼn verklaring gesê.

ʼn Woordvoerder vir die lugredery het gesê sy kan nie bekend maak hoeveel passasiers reeds van die aanbod gebruik gemaak het nie.

Vlug MH17 is Donderdag oor die Oekraïne tussen Amsterdam en Kuala Lumpur glo deur ʼn grond-tot-lugmissiel afgeskiet. Altesaam 295 persone aan boord het gesterf.

Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 tussen Kuala Lumpur en Beijing met 239 persone aan boord verdwyn. Die vliegtuig het raaiselagtig van koers verander en in die Indiese Oseaan neergestort. Die wrak is nog nie opgespoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.