Man aangekla ná Kersparade-tragedie

‘n Verlate straat in Waukesha ná die voorval tydens ‘n Kersparade. (Foto: Getty Images via AFP)

Die man wat Sondagaand met sy sportnutsvoertuig in ʼn Kersparade in Wisconsin, VSA, ingeploeg het, het glo van ʼn “huishoudelike voorval” gevlug.

Intussen het die dodetal tot ses gestyg nadat die agtjarige Jackson Sparks aan sy beserings beswyk het.

Darrel Brooks (39) word nou deur vyf aanklagte van strafbare manslag en een van moord in die gesig gestaar. Hy het Dinsdag met geboeide hande in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dat meer as 40 mense, onder wie marsjeermusikante, dansers en kinders, in dié voorval in Waukesha beseer is. Die getal beseerdes het intussen na 68 opgeskiet.

Benewens Jackson is vier vroue en man, almal tussen 52 en 81, in die voorval dood.

Jackson se ouers het sy dood op ʼn Go Fund-geldinsamelingsblad aangekondig.

“Vanmiddag het ons liefste Jackson aan sy beserings gesterf,” het sy ouers gesê.

Jackson se ouer boetie, Tucker (12), is ook beseer, maar sal glo binnekort uit die hospitaal ontslaan word.

Volgens Waukesha se polisiehoof, Dan Thompson, het Brooks glo van ʼn huishoudelike voorval gevlug en was hy in geen stadium deur polisie agternagesit nie.

Volgens Thompson is daar ook geen oënskynlike motief vir die tragedie nie, behalwe dat Brooks van “een of ander konfrontasie weggery het”.

Hy het egter nie gerugte bevestig dat ʼn mesgeveg glo by dié konfrontasie betrokke was nie.

Thompson het weer benadruk dat Brooks alleen opgetree het en dat die voorval nie met terrorisme te doen het soos baie mense aanvanklik gespekuleer het nie.

Dit het intussen aan die lig gekom dat Brooks enkele weke voor die voorval op verskeie aanklagte van huishoudelike geweld in hegtenis geneem is nadat hy die ma van sy kind glo aangerand en omgery het. Hy is toe op borgtog van $1000 (sowat R16 000) vrygelaat.

Hy was glo sedert 2000 al verskeie kere in hegtenis geneem. Brooks sal $5 miljoen (byna R80 miljoen) moet opdok indien hy nou op borgtog vrygelaat wil word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pierre

Gemors

Diline

Klink vir my na ‘n regte kriminieel. Hy het nou SO baie mense se lewens verwoes. Gooi hom in die tronk en gooi die sleutel weg! Sien op ander nuus kanaal hy is ook ‘n “registered sex offender”. As jy na sy foto daar kyk sal jy dadelik verstaan

Pieter

Het sy foto gaan Google. BLM kandidaat. George Floyd kaliber. Natuurlik gaan sy motief verbloem word. Die Kyle Rittenhouse uitspraak mag hom gepla het.

Bertus

Die bul lyk selfs wilder as Floyd.

Robert

“huishoudelike voorval gevlug ” twak man!