Man aangekla ná ‘terreur-mesaanval’ by Londense treinstasie

Die Leytonstone-moltreinstasie in Londen is afgesper na 'n mesaanval binne die stasie op Saterdag, 5 Desember 2015. Foto: Jonathan Brady/PA via AP

Die Leytonstone-moltreinstasie in Londen is afgesper na ‘n mesaanval binne die stasie op Saterdag, 5 Desember 2015. Foto: Jonathan Brady/PA via AP

Britse polisie het Sondag ʼn 29-jarige man van poging tot moord aangekla ná die vermoedelike “terreuraanval” Saterdag waartydens drie mense by ʼn Londense moltreinstasie met ʼn mes aangeval is.

Teen-terrorismebeamptes ondersoek tans die “gewelddadige en moedswillige” aanval by die Leytonstone-moltreinstasie wat Saterdag omstreeks 19:00 plaasgevind het, het die polisie gesê.

ʼn Onbekende man is by die stasie in hegtenis geneem en is tans in polisieaanhouding, terwyl speurders ook ʼn residensiële woning in die ooste van Londen deursoek.

Een slagoffer, ʼn 56-jarige man, is ernstig in die aanval beseer en is tans in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Die ander slagoffers is glo net ligtelik beseer.

“Na aanleiding van die inligting wat ons van ooggetuies ontvang het en die gevolglike ondersoek deur die teenterreur-kommandement, word die voorval as ʼn terreuraanval beskou,” het Richard Walton, hoof van die teen-terrorismemag, gesê.

Volgens plaaslike media het ooggetuies gesê die aanvaller was ʼn lang, swart man met ʼn Arabiese aksent. Hy het na bewering geskree, “Dit is vir Sirië dié!”, voordat die polisie skoktoestelle gebruik het om hom te oorrompel.

Walton het ʼn beroep op ooggetuies gedoen om met die polisie in verbinding te tree nadat verskeie foto’s en video’s sedert die voorval op sosiale media gedeel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trolle ·

Julle het mos nou guns geban om gun aanvalle te keer,ban nou maar alle messe in land. As mense daarna mekaar met vuiste bydam moet mense hande dan maar afgekap word

Izzy ·

Geen messe mag aan ENIGE KIND verkoop word onder die ouderdom van 18jr in UK nie. Dis onwettig om ‘n mes by jou te he in die publiek-sonder BAIE goeie rede (behalwe as mes korter as 7.62cm is – knipmes).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.