Man dood ná hy tuisgemaakte vuurpyl lanseer

Mike Hughes (Foto: James Quigg/Daily Press via AP, File)

’n Amerikaanse waaghals is dood in ’n poging om ’n tuisgemaakte vuurpyl in ’n woestyn in die deelstaat Kalifornië te lanseer.

Mike Hughes (64) se stoomaangedrewe vuurpyl het Saterdag neergestort kort nadat dit naby Barstow opgestyg het. ’n Video op sosiale media wys hoe ’n vuurpyl in die lug geskiet word voordat dit grond toe tuimel.

Hughes het geglo dat die aarde plat is en gehoop om dié aanname te bewys deur na die ruimte te reis.

Die lansering van Hughes se vuurpyl is na bewering verfilm as deel van Homemade Astronauts, ’n nuwe TV-reeks oor amateur-vuurpylmakers wat op die US Science Channel uitgesaai sou word. Die projek moes met ’n knap begroting uitgevoer word.

Science Channel het in ’n twiet gesê Hughes is dood terwyl hy sy droom nagejaag het.

Bronne: BBC, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Brakenjan ·

As die aarde dan nie plat is nie, maar wat is dit dan? Hmm…

Vriendelike Frikkie ·

As jy bietjie oor Mike gaan oplees het hy waarskynlik net die plat aarde teorie gebruik om geld uit sulke denkers uit te melk. Hy speel al van sy kinderdae af met vuurpyle en het geld nodig gehad vir ‘n spesiale vuurpyl. Hy was alles behalwe dom en sou dieselfde waarnemings wat hy wou doen beter kon doen met ‘n weerballon en GoPro kamera. Dit was seker sy droom om met sy eie vuurpyl te kon vlieg. Daarvoor het hy geld nodig gehad. Hy het die regte groep mense gekies om hom te borg. Hy het geweet hy kan enige storie aan hulle verkoop solank hy net “flat earth”, “conspiracies” en ander modewoorde ingooi. Dan rol die geld in. Mooi so Mike, jy het gesterf terwyl jy jou droom uitgeleef het!

Smurf ·

Dalk het slim sy baas gevang…….jammer oor die lewens verlies.

Genis ·

Toe val hy ook sommer plat op die aarde… wat n tragedie ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.