Polisiebeamptes in die noordweste van Australië het ’n man doodgeskiet nadat hy na bewering met ’n mes by ’n winkelsentrum in Port Hedland ingestap en verskeie klante met die mes gesteek het.
Die voorval het Vrydagoggend by ’n winkelsentrum in die voorstad South Hedland van Port Hedland in Wes-Australië plaasgevind. Minstens vyf mense is in die voorval gewond en twee van hulle is in ’n ernstige toestand. Luidens berigte is een van die slagoffers vermoedelik in die nek gesteek.
Fred Riebeling, kommissaris van Port Hedland, het ook gesê een van die slagoffers werk by ʼn plaaslike teater. “Dit is regtig ontstellend,” het Riebeling gesê.
Volgens ooggetuies het hulle gesien hoe ʼn man ʼn mes in die rigting van klante waai waarna hulle gille gehoor het. Polisiebeamptes het die verdagte kort daarna in die winkelsentrum doodgeskiet.
Bronne: BBC, The Guardian, Brisbane Times
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
It seems to me that people have forgotten what it is to be human. I honestly hope that one will be put away forever.
En dit maak wêreldwyd opslae? Hoeveel mense is nie vandag met ‘n mes in SA gesteek nie?