Man doodgeskiet tydens ‘terreuraanval’ in Londen

Foto: (AP Photo/Frank Augstein)

Die Britse polisie het Vrydag ʼn man op London Bridge in die hoofstad doodgeskiet ná ʼn voorval waarin verskeie mense met messe aangeval is.

Volgens die polisie is die omstandighede rondom die voorval nog nie duidelik nie, maar word dit tans as ʼn moontlike terreurdaad hanteer.

Neil Basu, assistentkommissaris van Londen se polisie en die mees senior teenterreurbeampte, het gesê talle mense is beseer. Hy het egter nie uitgebrei oor presies hoeveel mense beseer is en wat die omvang van hul beserings is nie.

Volgens Basu het die verdagte ʼn fop-ploftoestel aan hom gehad.

Polisebeamptes het kort voor 14:00 op die toneel toegesak en mense uit die area begin verwyder. Volgens ooggetuies het dit gelyk of daar ʼn bakleiery op die brug was waarna daar ook geweerskote gehoor is.

ʼn Video wat op sosiale media versprei is wys hoe twee mans in ʼn struweling op die brug betrokke was voordat polisiebeamptes ingryp en skote afgevuur word.

Boris Johnson, Britse premier, het die nooddienste en publiek bedank vir hul dapperheid in reaksie op die voorval. “Dit is ʼn afgryslike voorval en my gedagtes is by die slagoffers en hul gesinne.”

In Junie 2017 het ʼn bussie in voetgangers op die Londen-brug ingeploeg voordat drie aanvallers mense in nabygeleë kroeë en restaurante met messe aangeval het. Die polisie het al drie aanvallers doodgeskiet. Sewe mense is in die aanval dood en ongeveer 48 beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Julie Jansen van Rensburg ·

Reg en geregtigheid, wet en orde is deesdae blykbaar vloekwoorde in die siening en lewens van sekere mense – niks en niemand word deur hierdie linkse elemente – waarvan ons etlike miljoene in ons eie heimat het – ontsien nie… Siener was deurgaans reg…

Kerrie Briekstreep ·

Nou hoekom “ban” hulle nie springstof en messe nie….problem solved.

Koos Nel ·

Bybel sê dat waarsêery n griewel vir God is….doktrine van duiwels…lees Detrenomium.

Lood Kurkprop ·

As hulle springstof en messe net ge “ban” het was daar nie probleme nie….kyk Engeland nie Rugby World Cup nie…as hulle maar net die RWC gewen het sou dit rus en vrede gewees het daar in Brittanje.

Attie. ·

Hier by ons, Lood Kurkprop, praat ons van Wêreldbeker. Is jy trots op jou kennis van Afriels.

Lewies ·

Hier by ons word elke dag mense vermoor, veral op plase. Die nuus haal beswaarlik die pers. In Engeland is dit ‘n groot ding as daar eenmaal in ‘n jaar so’n gebeurtenis plaasvind.
Waarom rek die Engelse nie hulle bekke oor wat in SA aangaan nie?

Vince ·

Jammer om van jul moeilikheid te hoor. Jul mos bereid om potensiële moeilikheidmakers te akkommodeer. As Suid-Afrikaner moet ek met die hoed in die hand gaan smeek vir ‘n visum om hul ou eilandjie te betree.

Elna Martins ·

Hierdie persoon wat geskiet is het twee mense op die brug vermoor voordat hy doodgeskiet is deur die Polisie ! Hy is n terreurmisdadiger. Maroela Media moet asb geen berigspasie aan hom gee nie, hy is n moordenaar en het gekry wat hy verdien het.

Wêreldnuus ·

Nou hoe gaan MM die nuus dek as hulle soos jy redeneer?
Sonder booswigte is daar nie eintlik nuus nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.