Man erken skuld 40 jaar ná kinders se moord

Lloyd Lee Welch Jr. in die Bedford County rondgaande hof tydens sy vonnisoplegging (12 September 2017). Foto: Lathan Goumas /News & Daily Advance via AP, Pool

ʼn Man is Dinsdag gevonnis vir die moord op twee susters van Maryland in die VSA meer as 40 jaar nadat die jong meisies tydens ʼn inkopietog vermis geraak het.

Lloyd Lee Welch Jr. (60) is in ʼn hof in Virginia twee vonnisse van 48 jaar tronkstraf elk opgelê vir die moord op Sheila Lyon (12) en Katherine Lyon (10).

Sheila en Katherine het in Maart 1975 verdwyn nadat die twee sussies inkopies by ʼn plaaslike winkelsentrum, Wheaton Plaza, gaan doen het. Die susters se verdwyning het wyd opslae gemaak en die hele gemeenskap is met talle vrae gelaat oor wat met hulle gebeur het.

Harry Geehreng, ʼn afgetrede polisiesersant wat destyds na die meisies gesoek het, het gesê dit het ʼn paar dae geneem vir die owerhede om te besef dat die meisies moontlik ontvoer is aangesien daar destyds baie min misdaad in die gebied voorgekom het. “Dit was gewoon ʼn onskuldige tyd en niemand het ooit die ergste gedink nie,” het Geehreng gesê. “Die idee dat ʼn vreemdeling met die twee klein dogtertjies sou laat vat het, was destyds byna onmoontlik om te glo. Mense was werklik geskok.”

Speurders het in 2013 die saak heropen toe hulle op Welch gefokus het nadat hulle besef het sy foto stem ooreen met ʼn polisieskets wat gemaak is ná ʼn rooftog by Wheaton Plaza in 1977. Toe die meisies verdwyn het, was Welch ʼn 18-jarige werker by ʼn reisende mallemeule.

Katherine (links) en Sheila Lyon. Foto’s: http://www.missingkids.org

In onderhoude met die polisie in 2013 het Welch erken dat hy die dag van die Lyon-susters se verdwyning by die winkelsentrum was en dat hy glo hulle is “ontvoer, verkrag en verbrand”.

Ná verdere ondersoeke deur die polisie is Welch twee jaar gelede van die moorde aangekla. Die polisie glo dat Welch die meisies se liggame op ʼn afgeleë berg in die Bedford-distrik in Virginia, waar sy familie grond besit, verbrand het. Die liggame is nooit gevind nie.

Welch se verhoor sou Dinsdag begin het, maar die Washington Post berig die aansoek om ʼn verhoor is teruggetrek nadat hy aangedui het hy beplan om skuld op die aanklagte teen hom te erken. Welch, wat tans tronkstraf uitdien vir die seksuele aanranding van ʼn tienjarige dogtertjie, is ook tot nog 12 jaar tronkstraf gevonnis vir twee ander onverwante sake van seksuele aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

humor ·

lewenslange tronkstraf sal niks aan hoom verander nie. Hy kos belastingbetalers se geld. Dit is beter dat hy totsiens se.

Valerie ·

Humor, ja; sommer twee maal. In die stoel en per inspuiting. Hoeveel lewens het die verskoning van ‘n mens nie verwoes nie? Solank die Mense Regte Kommissie tog net nie weer hiervan hoor nie . . . ander maak hul hulself weer sopnat.

Protes ·

Maar hy kry darem die straf wat hom toekom in die piesang republiek wat ons huis noem sou hy 15 jaar gekry het en omrede die tronke reeds oorvol is miskien na 4 jaar amnestie of parool gekry het.

LS ·

Ek kannie dink wat die arme kinders se ouers en familie en vriende destyds moes deurgaan nie!!! Ai, om NET TE DINK wat die arme 2 meisies deurgemaak het het!!!
Dit is verskriklik!!!
DOODSTRAF !!!

Lynette ·

Verstaan ek verkeerd. Julle se watter vonnis hy gekry het maar in laaste paragraaf se julle dat verhoor Di sou begin maar teruggetrek is omdat hy beplan om skuld te erken. So wanneer is hy dan gevonnis?

Linette ·

Jy verstaan verkeerd Lynette. Die verhoor sou Dinsdag begin, maar toe hy aangedui het hy gaan skuldig pleit, is die verhoor teruggetrek, Hy het toe gepleit en is skuldig bevind en het ‘n ordentlike tronkstraf ontvang,

Onthou, dis die VSA daai, nie Piesangrepubiek SA, waar die moordenaar/verkragter etlike jare na gesoek word, dan aangekla word, dan borgtog kry, dan na een van die ou tuislande toe ontsnap, dan weer aangekla word as hy vir ‘n ander misdaad aangekeer word, dan is die ou dossier of bewyse weg of sy regsverteenwoordiger of die regter siek en word die saak uitgestel en dan …… en dan ….. en dan …..

In die VSA is dit soek die misdadiger, keer hom aan, kla hom aan, hofverrigtinge en straf. Hulle noem dit ‘n effektiewe regstelsel.

Christa ·

Ja, die wet week nogal goed hier! Mens dink nog dat “electrocution” en brandstapel van goeie toepassing sou wees. VSA is goed vir ons. Skurke oral oor. Pas jul kinders mooi op.

Hanna ·

Die doodstraf is nie noodwendig die swaarste straf nie. Nee wat, laat hom maar gaan swaar kry in die tronk. Hy moet gaan les opsê daar binne waar sy lewe nie veel werd gaan wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.