Man ernstig beseer by pro-Trump-byeenkoms in Washington

Ondersteuners ruk op na ‘n Make America Great Again-byeenkoms. (Foto: Twitter)

ʼn Jong man is Saterdagaand in die rug gesteek tydens ʼn gewelddadige konfrontasie tussen linksgesinde aktiviste en ondersteuners van die Amerikaanse pres. Donald Trump tydens ʼn betoging in Washington.

Duisende mense was Saterdag in die land se hoofstad om te eis dat Trump nog vier jaar lank regeer, terwyl hulle sy bewerings dat die verkiesing in ʼn massiewe bedrogspul gesteel is, herhaal het.

Volgens die Washington Post het geweld tussen die Trump-ondersteuners en diegene wat teen hom gekant is sowat vyf straatblokke weg van die Withuis uitgebreek. Beserings is aan albei kante aangemeld, terwyl twee polisiebeamptes ook in die skermutselings beseer is.

Minstens 10 mense word aangehou.

Volgens die koerant is ʼn man in sy 20’s gesteek en later met ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem.

Te midde van die geweld het Trump die linkse aktiviste se gedrag veroordeel en ʼn beroep op die polisie in die hoofstad gedoen om dienooreenkomstig op te tree en “nie terug te hou nie”.

Trump het ook die plaaslike owerhede in Washington DC gekritiseer vir hul beweerde gebrek aan optrede en gesê die Anti-fascistiese Aksie (Antifa) teiken “ou mense en gesinne”. Antifa is ʼn anti-fascistiese groep en linkse politieke beweging in die VSA.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wikkelwillie ·

The opening paragraph really tells you all you need to know. The leftist act like EFF

annie ·

Die Demokrate het vir vier jaar elke moontlike geleentheid gebruik om Trump af te kraak, te minag of te beswadder. En nou hoop die linkses almal gaan soos soet kinders nie teen hulle demo nie en hul siele oopstel aan goeie ou oom Biden om dit te ‘genees’. Die hekse-brousel van Hillary en Nancy wat jare geprut het kook nou oor.

Friedrich ·

Ou Trompie is ‘n baie slegte verloorder, en nou kos dit iemand se lewe. Hulle moet vir Trump toesluit!

katerinadiekat ·

Don’t be ridiculous. Het Trump die man met n mes gesteek? Die skuldige is die een wat toegesluit moet word, niemand anders nie. Liewe hemel, liberale het darem n Monty Python tipe wereld beskouing. Net wanneer mens dink dit kan nie meer absurd word nie..dan kom n liberaal met n nog meer verstommende absurditeit vorendag.

A ·

Kom ons kyk na die groter prentjie:

0 – Victims killed in anti-fascist attacks since 1994

21 – Victims killed in left-wing violence since 2010

95 – Victims killed in jihadist attacks since 2010

117 – Victims killed in right-wing violence since 2010

329 – Victims killed in right-wing violence since 1994

[Bron: Center for Strategic and International Studies (CSIS)]

Nuuskierig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.