Man gevonnis wat kollegas se toebroodjies vergiftig

(Argieffoto: Pixabay)

ʼn Duitse man is vandeesweek lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy jare lank sy kollegas se toebroodjies vergiftig het en dié optrede daartoe gelei het dat een van hulle in ʼn koma verval en die twee ander ernstige nierskade opgedoen het.

CNN berig die 57-jarige man het oor ʼn tydperk van ʼn paar jaar gevaarlike swaarmetale by sy kollegas se kos gevoeg in die fabriek waar hy gewerk het in Schloss Holte-Stukenbrock. ʼn Hof in Bielefeld, in die Duitse staat Noord Ryn-Wesfale, het die man Donderdag skuldig bevind aan poging tot moord en hom die maksimumvonnis opgelê.

Volgens plaaslike wetgewing mag die man slegs as Klaus O. geïdentifiseer word.

CBS News berig Klaus O. is in Mei verlede jaar in hegtenis geneem nadat kringtelevisiebeeldmateriaal getoon het hoe hy ʼn verdagte poeier op ʼn kollega se toebroodjie strooi. Die polisie het gesê die poeier het ʼn groot genoeg hoeveelheid loodasetaat bevat om ernstige orgaanskade te veroorsaak.

Die Duitse nuusagentskap DPA het berig owerhede het ondersoek ingestel of die man se optrede verbind kan word met die voortydige dood van 21 mense sedert 2000, maar kon nie bewyse vind dat die betrokke individue vergiftig is nie.

Toe beamptes egter Klaus O. se huis deursoek het, het hulle ʼn basiese chemielaboratorium in die kelder aangetref en ʼn stof wat regter Georg Zimmermann beskryf het as “gevaarliker as alle chemiese wapens wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is”.

Klaus O. het geweier om tydens sy verhoor te getuig en daarom is die motief vir sy optrede steeds onduidelik. Aanklaers meen hy wou gesien het hoe sy kollegas fisiek agteruitgaan.

Twee van Klaus O. se kollegas, onderskeidelik 27 en 67 jaar oud, het chroniese nierskade opgedoen nadat hulle met lood en kadmium vergiftig is. Albei mans word ook deur ʼn verhoogde risiko van kanker in die gesig gestaar. ʼn 23-jarige leerlingwerknemer het in ʼn koma verval nadat hy met kwik vergiftig is en het permanente breinskade opgedoen.

Klaus O. se regspan beplan om teen sy vonnis te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann cb ·

Sjoe, dit is baie ontstellend! Hopelik sal hy wél sy duistere motiewe bekendmaak.

LD ·

Joh!! Daar is groot fout met hom! So jammer vir die slagoffers en die arme jong persoon wat in ñ koma is en breinskade het agv die mal makker!

dennis jones ·

die ou lyk of hy familie kan wees van dr Josef Mengele

KaterinaKat ·

Regtig hierdie hele planeet se mense is So siek. Ek kan regtig nie wag dat my vlees doodgaan nie. Ek glo ferm in reinkarnasie. Ek sal my uiterste bes probeer om NOOIT WEER na hierdie siek disgusting patetiese helhool planeet terug te keer nie. Hierdie planeet is seker nie veel beter as die Hel nie.

T ·

Ek is so jammer jy voel so. Mag jy die Heilige Gees toelaat om jou saggies aan te raak, sodat jy ook eendag saam met ons hemel toe kan gaan, waar geen pyn of hartseer is nie. Ek tree in vir jou

Karien ·

Die hoeveelheid van ‘n middel asook die roete van toediening bepaal of dit toksies is. Immunisasie het al miljoene lewens gered en gestremdhede voorkom.

JAN ·

Geweldig skrikwekkend in ons situasie.
25 jaar gelede het stoute politieke ouens arseen in ons dorp se waterreservor gegooi. Baie baie skerp dr tel simptome toe op!! Hulle moes 2 MAAL die reservoir dreineer en afseel ens ens. Ons het beste ondeegrond water. Nou het ons moderne nuwe pype en reservoir.
Sien die arseen trek lekker in asbes en sement in!!! Hel@!
Dink die mynbou besoedeling. Goud = sianued. Diamante = fosgeen!! Googloer en skrik saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.