Man hof toe sodat hy kan ‘jonger wees’

Emile Ratelband. Foto: Facebook

ʼn Nederlandse pensioenaris het hom tot die hof gewend om sy ouderdom en geboortesertifikaat wetlik te laat verander.

Emile Ratelband van Arnhem, suidoos van Amsterdam, is op 11 Maart 1949 gebore en dus nou 69 jaar oud. Hy meen egter dat ouderdom “buigsaam” is en dat hy voel asof hy in sy 40’s is. Daarom dring Ratelband nou daarop aan dat sy geboortesertifikaat verander word.

Hoewel dit vergesog mag klink, vergelyk Ratelband sy versoek met dié van mense wat geslagsveranderinge ondergaan of hul name laat verander. Hy laat hom ook nie van stryk bring deur kritiek dat sy vergelyking aanstootlik is vir transgender mense – wie se mediese behoeftes deur die Amerikaanse Mediese Vereniging erken word – nie. Hy hou vol dit kom alles neer op vrye wil.

“Deesdae, in Europa en in die VSA, is ons vry mense,” het hy in ʼn onderhoud aan The Washington Post gesê. “Ons kan ons eie besluite neem as ons ons name of geslag wil laat verander. So, ek wil my ouderdom verander. My gevoel oor my liggaam en verstand is dat ek ongeveer 40 of 45 jaar oud is.”

Ratelband meen om in sy 40’s te wees, sal sy lewe baie verbeter.

Hy sê dit sal eerstens sy romantiese moontlikhede ʼn hupstoot gee. “As jy 69 jaar oud is op Tinder, is jy te oud,” verduidelik hy. Die pensioenaris het sewe kinders, maar het nie tans ʼn lewensmaat nie. Sy vriende het hom aangeraai om sy ouderdom op afspraak-apps jonger te maak. “Maar ek wil nie lieg nie. As jy eers lieg, moet jy alles onthou wat jy sê.”

Emile Ratelband. Foto: Facebook

Ratelband sê ʼn jeugdiger ouderdom sal ook vir hom meer projekte in sy werk as lewensafrigter en motiveringspreker besorg. Hy sê wanneer potensiële kliënte agterkom hoe oud hy is, vra hulle hom of hy “die taal van die jeug kan praat”.

Hoewel hy hulle verseker hy verstaan die jeug goed, is hulle skepties omdat hulle eerder op jonger mense “wat in die fleur van hul lewe is” vertrou. Hy sê hy verseker hulle altyd dat hy meer ervare, veel wyser en meer ingelig is, maar hy dink daardie eienskappe is moontlik nie genoeg nie.

Ratelband sê hy wíl jonger wees en het die fisieke fiksheid om daarby te pas. Hy voer ook aan sy visie is steeds goed, sy bloeddruk laag en sy verstandelike gesondheid onverbeterlik.

Hoewel mense aanvanklik gelag het vir sy planne, het hy baie nou van sy standpunt oortuig. “Dit is ʼn Amerikaanse denkwyse. Hoekom kan ek nie my ouderdom verander as ek wil nie? Jy moet jouself uitdaag. As jy dink jy kan een meter ver spring – wel, ek wil nou 20 meter ver spring. As jy dink jy kan 100 000 per maand verdien – wel, ek wil 120 000 verdien.”

Hy het gesê mense wil nie vertel word hoe om te lewe en wat om te glo nie. Hy het ook aan die hof gesê hy is bereid om sy pensioen op te offer indien sy ouderdom verlaag word.

Die hof sal na verwagting oor vier weke oor Ratelband se aansoek beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Muffin ·

As die man gebore is 11 Maart 1969 kan hy mos nie nou 69 jr oud wees nie. Dan is mos nou 49 jr oud.

Asmain ·

Duidelik het die ouderdom sy vermoë om somme te maak aangetas! ??

Mariné Lourens ·

Dagsê Asmain

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ratelband is in 1949 gebore, maar wil graag hê dat sy geboortesertifikaat moet aandui hy is in 1969 gebore. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Mariné Lourens ·

Dagsê Muffin

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ratelband is in 1949 gebore, maar wil graag hê dat sy geboortesertifikaat moet aandui hy is in 1969 gebore. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Mariné Lourens ·

Dagsê Essie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ratelband is in 1949 gebore, maar wil graag hê dat sy geboortesertifikaat moet aandui hy is in 1969 gebore. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

HPV ·

Goeie idee, sal graag my ouderdom na 6 wil verander met die hoop dat skatryk ouers my aanneem. My ouers is reeds oorlede, streng gesproke is ek ‘n weeskind…

Verander ·

As manne na vroue en vroue na manne kan verander, kan hy seker van 69 na 40 verander..?
Ten minste geen regstel operasies en hormoon behandelings nie… net bietjie vitamien pilletjies…hahaha

IK ·

Hy dink hy is so taai soos ‘n ratel(band?). Die een ou het daar by die inrigting vir die ander ou wat dink hy is president gesê: ‘Ek dink daar is hoop vir jou want met my aankoms hier het ek gedink ek is Napoleon’.

Cherokee ·

Maroela, plaas asseblief ‘n opvolgberig oor 4 weke na die hofbeslissing. Australië, miskien Melbourne, is ernstig in my gedagtes wanneer ek dink oor emigrasie. Oor vier weke kan Nederland dalk oorweeg word.

Jannie ·

Ek is nou 45 maar voel 60, sal graag my ouderdom wil aanpas en sodoende kwalifiseer vir pensioen.

Hasie ·

Jannie, ek het jou berig beoordeel en ek gee vir 10 uit 10, volpunte.
Jy is regtig skerp.

Hanna Hoekom ·

Net een probleem: die kerel lyk nie 49 jaar oud nie! Hy is dalk n “jong” 69 maar beslis nie 49 nie.

Skerpioen ·

Die man is mal. Hy wil nie lieg oor sy ouderdom nie. Maar wil hê sy geboorte datum moet aangepas word op n stuk papier sodat hy kan lieg oor wanneer sy ma aan hom geboorte geskenk het. Selfs al kry jy dit reg my Omie…. jy lyk nogsteeds oor d sestig maak nie saak hie jy gaan lieg nie.

Valerie ·

Jy’t my oggend gemaak, Neil. Het jy al gesien/gehoor hoe vinnig Kanada gly op alle gebiede? O, en dan is daar SA ook.

Ratelslang ·

Sy kop ratel duidelik bietjie. So hy wil nou ‘n feit vat en dit verander in fiksie en ‘n wanvoorstelling maak oor sy ouderdom. En boonop die staat die by-wet-opgelegde beheer oor akkurate rekordhouding van identiteit (dmv bv geboortedatum) ontneem. Hy kan voel soos hy wil maar aan feite kan hy nie verander nie. Komp snert regtig. Kan hy aan ‘n hof verduidelik wat ‘vry’ beteken – is dit om ‘n wanvoorstelling oor ‘n feit te maak?

Anoniem ·

Virseker ‘n man wat nie kan vrede maak dat hy ouer raak nie.

Elmer Swanepoel ·

Jy kan op papier probeer maar jou kliere stap aan. Glo my, ek is 82 maar voel soos ‘n jong 72.

Cherokee ·

Elmer, dit is ‘n filosofie wat erkenning verdien wat sê ‘ouderdom is geleë tussen die ore’.

Nico ·

As ek die ou so bekyk lyk dit dat sy myle ietwat hoog is. Hy sal eers moet “botoks”, maar as dit uitgewerk het dan het hy ‘n ernstige probleem.

Hannelie ·

Ai het die man vergeet om sy pille te drink, want regtig ek het nog nooit van sulke belaglike nonsens gehoor nie. Maak hom asseblief wakker, want hy gaan ‘n mooi dag mis.

Leeutjie ·

Een teen tien het sy ma na haar dood aan hom geboorte gegee!!!

Stormjaers ·

Die man se kop raas. Rook hy te veel boom of hoe. Om oud te wees is die in ding. Almal doen dit. Al wat hy kan doen is om te lewe soos n man van 40. Niemand kan sy ouderdom verander nie.

Jong dame ·

Jys so oud soos jy voel! Party dae voel ek nog 18 en ander dae 28…. As dit hom gelukkig maak dat sy geboorte sertifikaat wys hys 49, wie is ons om te oordeel? Ek stem saam @verander… om dinge te laat afsny waarmee jy gebore is en dinge in te plant waarmee jy nie gebore is nie, is bietjie erg…. maar ek oordeel nie!

Tydbom ·

Verander net Emil na Metusaleg! Maklik! En as jy weer verjaar, oompie, is jy dalk jonger as jou eie kinders! Bwhahaha! Wat ‘n pot snert! Tyd haal almal in. Klink of die brein al klaar bietjie tred verloor met realiteit, dit gebeur maar met ouderdom!

wilma ·

Die man is goed versorg al kan hy 49 nie wees lyk hy ook 69 nie. Hy is pragtig kan maklik n jonger dame ontmoet en hy is nog lus vir lewe.. Hierdie tipe man is nie volop nie, Hier by ons is die mans op 40 al klaar moeg geploeg.

Cherokee ·

Wilma, as jý ouer is as 25 behoort jy jou geboortesertifikaat te laat aanpas, want jou kommentaar straal van jeugdige lewenslus! Een van die lekker optimistiese kommentare:-)

Mickey ·

Dit is n ‘blessing’ om in vandag se tyd en in sekere lande so n pragtige ouderdom te bereik. Nou moet n papier vir hom lieg. Ek dink hy doen dit net vir bemarking vir sy besigheid.

Cherokee ·

Nie een van die kommentare wys uit dat hy miskien besig is om ‘n spotprent te teken oor die buigsaamheid in die tye waarin ons lewe. in 1903 was die eerste motoraangedrewe vlug gedoen deur die Wright broers, 12 voet in afstand en dieselfde dag nog verbeter hulle dit na 850 vt. 20 Julie 1969 land ons op die maan!!! Ons weet vorentoe gaan daar nie meer die tiek tok van horlosies wees nie want ons is in ‘n ewigheid. Tys soos in ‘n kalender en horlosie bestaan nie werklik nie.

Snowball ·

Vorentoe, in die hiernamaals, is tyd nie ter sprake nie, ja. Maar, vooruitgang, van watter aard ook al, gaan nie die gang van tyd stop of hersien nie. Die ewige volg op die tydelike, en die tydelike waarin ons ons tans op moeder aarde bevind, beteken die belewenis van tyd met al sy beperkinge, daarom dat ons dit nie kan terugdraai of keer om aan te beweeg nie. Die mens het ‘n behoefte om tyd te meet en sy bestaan daarin te orden, dit sal nooit verander nie. Dit is die realiteit van ons verganklike aard – dat ons verouder en afsterf, maar ook ons seëning, want uiteindelik verruil jy die tydelike met die ewige, waar tyd nie meer saak maak nie, tot dan, helaas, tik daai horlosie meedoënloos voort….vir ons almal, so om voluit te lewe, en elke oomblik te laat tel, is eintlik al manier om die tyd uit te koop…

Cherokee ·

Om die tyd uit te koop sê jy. Ironies… dit is juis waarmee die Holanner besig is. Tyd uit te koop. Weet jy waarom bestaan tyd Snowball? —- Sodat alles nie gelyk gebeur nie.

Snowball ·

Ag nee , Cherokee, gedog jy is ‘n realis. Dié man lieg vir homself en wil dit wettig maak. G’n kans dat jy tyd kul nie, sy einde kom of die ouderdom op die doodsertifikaat nou sê 90 of 60, hy gaan nie langer leef net omdat hy homself jonger wil nie. En ja, tyd keer waarlik dat alles gelyk gebeur, ook maar goed so want party sal deurentyd strooi praat en hulle slaaptyd mis.?

Snowball ·

‘n Papier met ‘n jonger ouderdom koop nie nog tyd op aarde nie.
Maar nietemin, oulike grappie oor tyd; selfs Prediker stem saam, daar is ‘n tyd vir alles!!?

Amelia ·

Wel dan wil ek weer 12 wees. Dan moet my ma mos nog vir my sorg. lol

Sons ·

Agge nee, my grote griet!!! Het die man niks beters om te doen nie!!

Driekie ·

Sy oe of sy spieel makeer duidelik iets. . Dasr is baie van hulle on SA ook ..baie mans wat dink hulle lyk jonger as hul werklike jare . en dan is dit glad nie so nie… Hy mag dalk goed lyk vir sy ouderdom, … Maar hy lyk nie meer as 5 jaar jonger nie!…Dit gaan natuurlik alles daaroor dat hy n jong bokkie soek! ( en as bokkie 48 is is hy 84 haha)

Bokka ·

Jy is reg Driekie, want ?’n ou bok soek mos jong blare, jong blare?, want sy tanne is mos klar-e?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.