
Ashling Murphy is helder oordag langs ʼn rivierkanaal in Tullamore, sowat 80 km wes van Dublin, aangeval en verwurg.
(Foto: Twitter / @sarahoc3news)
ʼn 31-jarige man het Woensdag in Tullamore, Ierland, in die hof verskyn in verband met die moord op ʼn jong onderwyseres en musikant.
Die 23-jarige Ashling Murphy is op 12 Januarie helder oordag langs ʼn rivierkanaal in Tullamore, sowat 80 km wes van Dublin, aangeval en verwurg. Sy was glo besig om te draf.
The Guardian berig Jozef Puska, ʼn Slowaakse burger, is Dinsdag in verband met Murphy se moord in hegtenis geneem nadat hy uit ’n hospitaal in Dublin ontslaan is. Die verdagte het glo ʼn dag ná Murphy se moord met beserings by dié hospitaal opgedaag.
Hy sal by die Cloverhill-gevangenis in aanhouding bly totdat hy op 26 Januarie in die Cloverhill-distrikshof moet verskyn. Die presiese klag teen Puska is nie bekend nie.
ʼn Tweede man wat Woensdag in hegtenis geneem is omdat hy vermoedelik inligting oor die voorval weerhou het, is vrygelaat.
Groot begrafnis vir ‘begaafde musikant’
SkyNews berig ʼn groot skare mense het Dinsdag buite die St. Brigid-kerk byeengekom waar die begrafnisdiens vir Murphy gehou is.
Ierland se president, Michael D Higgins, en die Ierse premier, Micheál Martin, het ook die begrafnisdiens bygewoon.
Rest in Peace Ashling x pic.twitter.com/3mH5V0Hr6J
— The Late Late Show (@RTELateLateShow) January 14, 2022
Geliefdes en kennisse van Murphy het haar in huldeblyke op sosiale media as ʼn begaafde sangeres, musikant en ʼn geliefde onderwyseres, dogter en suster geloof.
A fiddle for Ashling…tribute to Ashling Murphy on Kilmurrin Cove, Waterford. Ashling was a renowned musician, a much loved teacher, a daughter, a sister and a friend. I drew it as one continuous line that represents the uncharted journey through life. RIP #AshlingMurphy pic.twitter.com/Z8dBe1bRdW
— The Art Hand (@TheArtHand) January 18, 2022
Sean Corcoran, ʼn kunstenaar, het ter nagedagtenis aan Murphy ʼn reusekunswerk van ʼn viool op ʼn strand by Kilmurrin Cove in Waterford, Ierland, gemaak.
With the murder scene behind, a robin pauses next to a floral tribute for murdered Ashling Murphy on the bank of the grand canal outside Tullamore.#AshlingMurphy @Independent_ie @TheSundayIndo pic.twitter.com/UlFg8yFTS5
— Gerry Mooney (@gerrymooneydub) January 15, 2022
Vigil for Ashling Murphy at Eyre Square – Galway. #galway #AshlingMurphy #shewentforarun pic.twitter.com/HnnxpZMcBl
— Declan Colohan Photography (@declancolohan) January 13, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Sake is besonder baie verskillend wat betref misdaad in Ierland vergeleke met onse eie SA. Iets wat weekliks in SA plaasvind haal skaars die media hier , maar soortgelyke gebeure is genoeg rede vir die Ierse leiers om die begrafnis by te woon van die jong dame en ‘n dag van rou af te kondig.