Man in hof ná natuurbewaarder se bylmoord

Gregory Gibbard. Foto: Facebook

Gregory Gibbard. Foto: Facebook

ʼn 35-jarige man het Dinsdag in die Hwange-landdroshof in Zimbabwe verskyn in verband met die moord op Gregory Gibbard, ‘n Australiese natuurbewaarder.

Die Chronicle, ʼn plaaslike koerant, berig Xmas Mpofu is oor die naweek in hegtenis geneem nadat Gibbard se liggaam ʼn paar dae vantevore in ʼn plas bloed naby sy kothuis in die Hwange Nasionale Park gevind is. Hy is met ʼn byl teen die kop gekap.

Mpofu was ʼn voormalige werknemer van Painted Dog Conservation waar Gibbard as administrateur gewerk het. Hy is in 2014 afgedank nadat hy ʼn werksmotor sonder toestemming geleen het en in ʼn ongeluk betrokke was. Hy was glo ontevrede met die skeidingspakket wat hy ontvang het.

Volgens die berig het polisielede twee knope in Gibbard se kothuis gevind wat ooreengestem het met die knope op een van Mpofu se hemde. Die bebloede moordwapen is ook gevind. Mpofu het glo ook dreigemente per e-pos en teksboodskappe aan Gibbard gestuur wat nou sal deel vorm van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winston ·

Oor sy eie optrede ontslaan maar dis nog iemand anders se skuld en dié moet vermoor word. Ja…….

Marius Fourie ·

Bring die doodstraf terug. Almal het mos ‘n reg om te lewe? ‘n Oog vir ‘n oog?

Tammy ·

Marius en Alki ek stem saam met julle! Hoekom kan misdadigers maak soos hulle wil en ons onskuldiges wat by die reels van nie lewe hou moet altyd aan die kortste end trek? Nee wat n oog vir n oog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.