Man in kop geskiet in nóg ʼn regstreekse video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Man van die Amerikaanse deelstaat Texas veg om sy lewe in die waakeenheid van ʼn Houston-hospitaal nadat ʼn vrou hom tydens ʼn regstreekse uitsending op Facebook met ʼn handwapen in die kop geskiet het.

ʼn Video van dié voorval waarin Devyn Holmes (26) deur ʼn vrou geskiet is, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei voordat die video deur Facebook se tegniese span verwyder is.

Die regstreekse video wys hoe drie persone in ʼn motor sit toe die voorval gebeur het. ʼn Onbekende man op die agterste sitplek van die motor gee die handwapen aan ʼn vrou wat dan die wapen in die lug tussen haar en Holmes hou.

Die vrou rig dan die vuurwapen op die kamera, waarna Holmes haar hand vasgryp en sê: “Jy maak my senuagtig.” Die vrou kyk dan in die kamera en sê aan Holmes: “Sê iets, b**ch.” Sy trek dan die sneller en skiet die 26-jarige pa in die kop.

Die onbekende man en die vrou vlug daarna van die toneel terwyl Holmes baie bloed verloor en sukkel om asem te haal.

The Independent berig die vrou is intussen in hegtenis geneem omdat sy glo met bewyse gepeuter het. Sy het volgens die webwerf Click2Houston aan die polisie gesê sy was onder die indruk dat die vuurwapen nie gelaai was nie.

Volgens Amerikaanse polisieowerhede sal ʼn jurie nou besluit of verdere aanklagte by die aanklagtestaat gevoeg gaan word.

Dié voorval volg kort nadat ʼn 18-jarige vroeër vandeesweek sy vriend van dieselfde ouderdom in ʼn regstreekse uitsending op Instagram doodgeskiet het. ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê die tiener, wat die skoot Maandagaand gevuur het, het aan ondersoekbeamptes gesê hy het per ongeluk sy vinger op die sneller geplaas en die geweer het afgegaan. Die slagoffer is dood voor paramedici by die huis opgedaag het. Die 18-jarige is in aanhouding en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ella ·

Het die mensdom mal geword? Alles vir sensasie en 5 minute se aandag al is dit hoe verkeerd.

SNEL ·

Tekens van die laaste dae…. Liefhebbers van hulle self… Al die selfies en elke ou wil baie likes op sy goed he. Gevoelloos, gee nie om vir ander nie, en so kan ons aangaan…. Selfs die spotters wat se, ja ja ja, dis al jare so en die Here kom nog nie, is ook tekens en ons gaan dit net meer en meer hoor en sien. Vreeslik dat n lewe niks meer is nie. Vir die Here is n lewe kosbaar, ons is na Sy beeld gemaak, Sy asem in ons longe….jou broer se bloed roep van die aarde af na My…. Hy weet van elke moord, elke knie sal buig voor Hom en rekenskap gegee moet word.

Patriot ·

Ek het die video clip gekyk en bevind…. ons kort meer van haar soort in SA. Sy kan ons dalk net `n guns of twee doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.