Man in neuswiel op vlug van SA ontdek

(Argieffoto)

ʼn Man is lewendig in die neuswiel van ʼn vragvliegtuig gevind wat van Suid-Afrika na Amsterdam gevlieg het.

BBC berig die man het langer as 11 ure in die neuswiel van ʼn Cargolux-vragvlug weggekruip totdat die vliegtuig by die Schiphol-lughawe in Amsterdam geland het. Die vragvliegtuig het een keer in Nairobi, Kenia, gestop.

CNN berig die lughawe se grondpersoneel het iets in die vliegtuig se neuswiel opgemerk wat soos ’n mens lyk en die Nederlandse owerhede dadelik in kennis gestel.

Met owerhede se aankoms op die toneel, het hulle bevestig die man leef, maar het ʼn baie lae liggaamstemperatuur. Paramedici moes die man op die toneel stabiliseer en sy liggaamstemperatuur verhoog.

Volgens Joanna Helmonds, woordvoerder van die Koninklike Nederlandse Militêre Polisie, is die man na ʼn hospitaal in Amsterdam geneem. Hy was in ʼn stabiele toestand.

“Dit is nogal merkwaardig dat die man oorleef het,” het Helmonds gesê.

Volgens Nederlandse owerhede is dit baie ongewoon vir verstekelinge om op lang vlugte in die neuswiel te oorleef weens die koue temperature en min suurstof.

Helmonds sê sodra die man uit die hospitaal ontslaan is, sal hy by die asielsentrum moet aanklop vir sy asielaansoek.

Die man se ouderdom en nasionaliteit is nog nie bekend nie.

Cargolux, die Luxemburgse vraglugredery waarop die verstekeling aan boord was, het geweier om in hierdie stadium kommentaar te lewer totdat ’n ondersoek na die voorval voltooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ronel

Dankie vir die tip ????

Diline

Genade, hierdie man moes regtig desperaat gewees het om dit te waag.

Genis

Mense is maar desperaat om hier weg te kom…

Hendrik

Ek glo meer mense sal soortgelyke pogings aanwend om uit hd reenboognasie- land te ontvlug. Hieragter moet n interessante verhaal wees.

AmY

Genade! Hoop hy kry sy asiel.