Man jaag met gesteelde kar in polisiestasie vas

Die gesteelde motor nadat die bestuurder in die polisiestasie se muur vasgejaag het Foto: Nieu-Seeland Polisie

Die gesteelde motor nadat die bestuurder in die polisiestasie se muur vasgejaag het Foto: Nieu-Seeland Polisie

ʼn 20-jarige man van Nieu-Seeland wat onder die invloed van alkohol was, het glo Woensdagoggend in die vroeë oggendure ʼn motor gesteel voordat hy in ʼn baksteenmuur van die Auckland-polisiestasie vasgejaag het.

Volgens die polisie wou die bestuurder en ʼn meisie wat saam met hom was weghardloop ná die ongeluk, maar polisiebeamptes het hulle daar naby aangekeer.

“Die bestuurder het ʼn geringe kopbesering opgedoen en die polisiestasie het vandag bietjie krake wat nie gister daar was nie,” het supt. Richard Chambers, distriksbevelvoerder van Auckland, gesê.

Chambers het gesê die voorval is komies, maar hy het egter gemaan die feit dat ʼn jong man sonder ʼn rybewys in die stad rondgery het, vermoedelik met ʼn gesteelde voertuig en boonop onder die invloed van alkohol was, is nie lagwekkend nie.

Die man sal na verwagting Woensdag in die distrikshof in Auckland verskyn op aanklag dat hy hom teen die polisie verset het, onwettig ʼn motor geneem het, onder die invloed van alkohol bestuur het en sonder ʼn rybewys bestuur het.

Intussen berig Stuff die motor het aan ʼn 71-jarige pensioenaris behoort wat dit gebruik het om daagliks by sy 66-jarige vrou te gaan kuier. Sy bly in ʼn versorgingsoord sedert sy haar heup 18 maande gelede tydens ʼn val gebreek het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

scalla ·

Hy gaan seker aangekla word vir lekker dryf, brandewyn het nie brieke nie en whiskey ook nie n clutch nie

lillian ·

Lag my gat af! Mens sou kon sweer dit gebeur net ‘n Afrika!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.