ʼn Man is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord nadat hy met sy motor in ʼn nagklub in die suide van Engeland ingejaag het. Verskeie mense is beseer, het die polisie Sondagoggend vroeg gesê.
Die polisie het gesê hulle hanteer nie die saak in Gravesend as ʼn terreuraanval nie.
Die bestuurder van die motor “is glo vroeër die aand gevra om die nagklub te verlaat ná ʼn onderonsie”, het die polisie in ʼn verklaring gesê.
Beeldmateriaal wys die motor in die middel van Blake’s-nagklub.
Reece Parkinson, omroeper van BBC-radio, het gesê hy was by die klub toe die voorval net voor middernag plaasgevind het. Hy het ʼn video van homself op die toneel geneem en op Twitter geskryf: “ʼn Man wat nie toegang tot die nagklub kon kry nie, het met sy motor ingery en ons almal byna doodgemaak.”
Nog ʼn ooggetuie, Sonny Powar, het op Twitter geskryf: “Ek was nog nooit so bang in my lewe nie. Die motor was sentimeters weg voor ek en my vriende omgery sou wees.”
Nog beeldmateriaal wys ambulanse, brandweerwaens en polisiemotors buite die klub en hoe geskokte klubgangers weggelei word.
Kom SA toe. Dan sal julle weet wat dit is om te vrees vir jou lewe met die dinge wat hier aan gaan.
ja , klub vrees vir jou lewe 24 uur 7 dae ‘n week , selfs al gaan koop jy net ‘n brood