Man kan lank sit oor video van Christchurch-aanvalle

Philip Arps (Foto: Mark Mitchell, AP)

ʼn Sakeman van Christchurch in Nieu-Seeland het skuldig gepleit dat hy ʼn video rondgestuur het wat deur ʼn gewapende aanvaller geneem is.

Dit wys hoe die aanvaller 50 mense by twee moskees begin doodskiet.

Philip Arps het skuldig gepleit op twee aanklagte dat hy die video versprei het. Hy bly in aanhouding tot hy op 14 Junie gevonnis word. Hy staar tot 14 jaar tronkstraf in die gesig.

Die staat het die 44-jarige Arps daarvan beskuldig dat hy die video aan ʼn onbekende persoon gestuur het, en dié persoon beveel het om ʼn visier en ʼn dodetal in te voeg. Aanklaers het gesê Arps het die video daarna na 30 mense aangestuur.

Die skieter het ʼn kamera op sy valhelm vasgemaak en die aanval regstreeks op Facebook uitgesaai. Kopieë is van die skokkende video van 17 minute lank gemaak en wyd op die internet gekyk, terwyl IT-maatskappye gespook het om dit te verwyder.

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, het die afgelope week gesê die aanvaller het sosiale media op ʼn ongekende manier gebruik om ʼn daad van haat en terrorisme te bevorder.

Die land se hoofsensor, David Shanks, het die video en ʼn manifes wat die persoon wat van die aanval beskuldig word, geskryf het, verbied. Dit beteken in Nieu-Seeland is dit onwettig om die video te kyk, te besit, óf te versprei. Talle mense voer egter aan die verbanning van die video maak inbreuk op die reg op vryheid van spraak.

Minstens ses mense is aangekla dat hulle die video versprei het. Arps en nog ʼn persoon, ʼn 18-jarige, het in Maart agter tralies beland. Die ander vier is nie in aanhouding nie.

Die 18-jarige word daarvan aangekla dat hy die video en ’n foto van die Al Noor-moskee gedeel het met die woorde “teiken bereik”. Meer as 40 mense is by die moskee vermoor. Hy verskyn weer op 31 Julie, wanneer die hof sal oorweeg of hy op borgtog vrygelaat mag word en elektronies dopgehou sal word.

ʼn Australiër, Brenton Tarrant (28), staan tereg op 50 aanklagte van moord en 39 aanklagte van poging tot moord vir die aanvalle. Sy volgende hofverskyning is op 14 Junie.

Ardern het vandeesweek aangekondig dat sy en die Franse president, Emmanuel Macron, ʼn vergadering in Parys, Frankryk, gaan hou, waar hulle maniere sal probeer vind om te probeer verhoed dat optrede van gewelddadige ekstremisme en terreur aanlyn versprei word.

Ardern het gesê sy en Macron gaan wêreldleiers en die uitvoerende hoofde van tegnologiemaatskappye vra om in te stem tot die sogenaamde Christchurch-belofte. Sy het nog nie verdere besonderhede daaroor bekend gemaak nie, en sê dit is nog in die ontwikkelingsfase.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Roberto Betta ·

Yet aftermath footage of the church bombings are shared easily and freely, why is that?

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.So sal die kommunistiese “Main Stream Media” alles blok en jou vryheid wegvat …daars n agenda om die Nuwe Wêreld Orde aan te wakker ….jy mag nie oor Chemtrails praat wat die valse klimaat-toestande skep om die “Global Warming” “Climate Change” hoax te verkoop nie…..mense is nog blind…wanneer laas het julle uitgestap en op gekyk?…..dankie vir Julian Assange wat die oorlog videos leak van hoe onskuldige mense vermoor word sonder enige bewyse dat hulle wapens het,deur aanvals FLIR Equiped Cannons en Drone Strikes deur soldate wat agter n joystick en keyboard sit 10 000km ver van hulle af,terwyl hulle sit en koffie drink en giggel…..ja probeer maar alles “ban”….julle kan nie die internet “ban” nie…..” Wars,and rumors of wars”- Die Bybel.

Kaptein ·

Dit begin met die ekstreme video’s – en dan brei die sensuur net uit oor tyd, om byvoorbeeld enige spraak teen die regering in te sluit.

Stephen Namibia ·

Ek het nog nie iewers gelees dat Jacinda Ardern die bomaanvalle in Sri Lanka op Christene veroordeel nie.

Countryboy ·

Maar tog kan mens talle geweldadige videos op youtube kyk van ISIS extremiste…wat is die verskil dan…?

AndrewL ·

Ardern het nog nie ‘n traan gestort oor Sri Lanka nie, of het ek dit gemis?

Dries ·

Jy slaan die spyker so op die kop Andrew! ekis vir hierdie skynheiligheid so siek en sat.

MJ ·

NZ (en Aus nog meer) is ‘n liberale, Godsverlate plek!
Ons het beplan om soontoe te verhuis maar na ons besoek agtergekom die mense daar is nie ons kerk se mense nie…
Dis jammer dat so baie van ons volk daar in eensaamheid en in die afwesigheid van Politieke breinfunksies moet leef. NZ se PM is die beste voorveeld hiervan.

Stebastiaan ·

Wil voorkom of die aanvalle teen Christene aanvaarbaar is maar nie teen moslems nie. Daarom die stilte.

Hans Richardt ·

Social Justice Warriors in aksie. Billikheid is nie deel van hul SJW sienings nie.

kolla ·

‘n Sogenaamde “nanny state”. Baie meer vryheid in SA , al raak sommige goed dalk effe chaoties verkies ek dit eerder so.

Zumie ·

Nieu Seelanders (en ander) word wakker – die oorlog teen julle vryheid van spraak is voluit aan die gang…….. van wanneer af kan dit ‘n misdaad wees om videomateriaal (hoe afkeurenswaardig ookal) van ‘n insident te versprei….die staat mag besluit wat jy sien en nie sien nie …. dit is die dun kant van die wig. Wees gewaarsku.

Abe ·

Ek dink nie die kommentators wat so te velde trek teen die veldtog teen die verspreiding van terreurvideos het naastenby n idee waaroor dit gaan nie: Terreur van enige aard, teen enige geloof of ideologie, moet ten alle koste deur alle regdenkende mense beveg word. Sulke videos, wat bloedige terreur uitbeeld, sterk terroriste in hulle kwaad.

Abe ·

Zumie,
In vergelyking met die verwoesting wat tereur in die wereld saai, is vryheid van spraak en uitdrukking maar middelmatige tot laegradige sakies. Jacinda Adern is nie verniet een van die sterkste leirsfigure van die huidige bestel nie, sy verdien elke greintjie ondersteuning wat mens kan gee vir die sterk standpunt wat sy inneem teenoor dade van terreur in haar land en ook elders. (Sien ook my ander kommentaar oor dieselfde berig.)

PJC ·

Mense is ongelukkig omdat daar so selektief opgetree word deur hierdie duidelike uiters liberale staatshoof van NZ. Hoekom is net party mense se lewens belangrik in haar oë.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.