Man kry beroerte toe hy nek strek

Josh Hader. Foto: Facebook

Josh Hader van Oklahoma, Amerika, se nek het hom ʼn paar weke lank gepla, maar toe hy uiteindelik probeer het om dit self te strek, het hy in die hospitaal beland en kon nie loop nie.

“Ek het my hand gebruik om meer druk op my nek te plaas en toe hoor ek net ʼn kraakgeluid,” het die 28-jarige aan die Washington Post gesê.

Minder as ʼn uur later was Hader in die ongevalle-afdeling van ʼn hospitaal nadat hy volgens dokters ʼn groot beroerte gehad het toe ʼn aar in sy nek geskeur en ʼn klont gevorm het.

“Hy kon dood gewees het,” het Vance McCollom, ʼn dokter by die Mercy-hospitaal in Oklahoma City wat Hader behandel het, gesê.

McCollom het gesê Hader het sy vertebrale slagaar geskeur wat in die brein opgaan. Dit is bekend dat ʼn skeuring in die aar beroertes kan veroorsaak, veral in jonger mense in hul 20’s of 30’s, en dit het niks te doen met die gesondheid van ʼn persoon nie, het Kazuma Nakagawa, ʼn beroerte-neuroloog, aan The Post gesê.

Hader het die betrokke dag van die huis af gewerk en amper onmiddellik nadat hy die kraakgeluid gehoor het, het hy gevoel in die linkerkant van sy lyf begin verloor.

Hy het aanvanklik gedink ʼn senuwee word vasgeknyp, maar toe hy opstaan om ys te gaan haal, het hy besef daar is groot fout. Hy kon nie reguit loop nie en in die minute wat dit sy skoonpa geneem het om hom te kom haal en hospitaal toe te vat, het sy toestand drasties agteruitgegaan.

Met hul aankoms by die hospitaal sowat ʼn halfuur later kon Hader glad nie meer loop nie en moes met ʼn rolstoel in die hospitaal ingestoot word.

ʼn Skandering is gedoen en daar is bevestig dat hy nie bloeding op die brein het nie, maar wel besig was om ʼn beroerte te kry.

Hader was dae lank in die hoësorgeenheid voor hy ontslaan en na ʼn rehabilitasiesentrum oorgeplaas is. Danksy aggressiewe rehabilitasie was Hader ʼn paar weke later weer op sy voete.

Die pa van twee is egter nie van plan om weer sy nek te strek of te probeer knak nie. “Ek word steeds elke nou en dan wakker met die behoefte om dit te doen en dan moet ek myself keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Valerie ·

Die toestand staan ook bekend as “the chiropractor’s stroke.” Wees maar versigtig.

Gerhard ·

Chiropractors weet hoe om n nek te ‘knak’ anders as as wanneer jy dit self doen.

Zallas ·

Watttt?? Sjoe. Maak my nogal bang. Want ek het die gewoonte om self my nek te knak, ‘n paar keer deur die dag. WANT dit is al hoe die Pyn in my nek en rug beter word. ???!!!
Lyk my ek Moet dit maar liefs los vir die Slim Mense en ophou daarmee.

Siener van Melbourne ·

DV, om jou nek te strek is nie om jou eie dokter te wees nie. Gmf…

dejager ·

Ek strek ook my nek maar ek is nie meer in my twintigs of dertigs nie.

Fisio ·

Defnitief nie net n lekker sterk spierstrek gewees nie. Die ou het verseker geruk-en-pluk aan homself. Pasoppa maar vir geforseerde self-klieks, veral aan jou nek.

Heksie ·

Goeie genugtig, wys jou maar net weer hoe “fragile” die menslike liggaam eintlik is …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.