Man met eerste kunsmatige hart sterf

Die Carmat-hart

Die Carmat-hart

ʼn Man wat twee en ʼn half maande gelede die eerste kunsmatige hart ontvang het, is oorlede.

“ʼn 76-jarige man met terminale hartkanker het 75 dae ná die oorplanting van die eerste Carmat-kunsmatige hartoorplanting gesterf,” het ʼn woordvoerder van die Georges-Pompidou Europese hospitaal in ʼn verklaring gesê. Die man is op 2 Maart 2014 oorlede.

Kunsmatige harte word al ʼn paar jaar lank gebruik as ʼn tydelike oplossing vir pasiënte met chroniese hartprobleme. Die produk van die Franse biomediese maatskappy Carmat het ten doel om ʼn langtermynoplossing te bied terwyl ʼn pasiënt vir ʼn skenkershart wag.

Aldus die verklaring sal die oorsaak van die man se dood eers bepaal word ná ʼn deeglike analise van die oortollige mediese en tegniese data wat opgeneem is. Die kunsmatige hart, wat in sy eie eenheid in die pasiënt se bors oorgeplant word, gebruik sagte “biomateriaal” en ʼn reeks sensors om die kontraksies van die hart na te boots. Klik hier om nog foto’s van die Carmat-hart te sien.

Die pasiënt het op 18 Desember sy kunsmatige hart ontvang.

Volgens Carmat benodig nagenoeg 100 000 mense in Europa en Amerika ʼn hartoorplanting.

Carmat se eweknie in Amerika het goedkeuring om die AbioCor-kunsmatige hart oor te plant vir pasiënte met terminale hartversaking of ʼn lewensverwagting van minder as 30 dae, wat nie kwalifiseer vir ʼn natuurlike hartoorplanting nie en geen ander lewensvatbare behandelingsopsies het nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Slim Daan ·

Jy’t my werklik nuuskierig. Duidelik is jy nie van hierdie aarde nie. Graag te verneem watter planeet dan ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.