Doeanebeamptes by die lughawe in Sydney, Australië, het ʼn toeris met 16 klein voëleiers in sy broek betrap.
“Die 39-jarige man van Tsjeggië het Dinsdag uit Dubai geland toe doeanebeamptes hom deursoek het,” het die Australiese doeane en grensbeskermingsdiens Woensdag in ʼn verklaring gesê.
Die man se naam is nie bekend gemaak nie. Hy moet Woensdag in die hof verskyn op aanklag van die invoer van eiers sonder ʼn permit. Hy kan tot ʼn maksimum van 10 jaar tronkstraf gevonnis word indien hy skuldig bevind word.
Die voëlspesies moet nog bepaal word. -SAPA
Nie n slegte broeiplek nie, eiers, en eiers…
PETER!!
MARLENE, dit is tog die waarheid ne…
Dit is, maar jy het my lekker laat lag. Daar was 18 eiers.
Marlene, lekker om die dag met n bietjie humor te begin, geniet die res van die dag.
My jinne Marlene, gaaf om jou hier raak te loop. Peter het my dag sowaar gemaak !
Leana, Plesier, ek lag myself nou nog…
LoL … Aaa lekke lag ekke nou
Ek het eerstens kliphard gelag vir die opskrif. O genade dit was so snaaks. En tweedens kan daai ou baie bly wees die eiers het nie uitgebroei nie. Dan was daar probleme hahahaha
Dankie vir die lekkerlag opskrif! Sal nie werk met volstruis-eiers nie :) :)
H, Eishhh, hy sou soos een van daai outydse Cowboys gestap het, lekker wydsbeen, Hahahaa.
Hy’t letterlik treetjie vir treetjie alles genader, dis vrek snaaks, ek kry net nie dit “gepicture” nie, nie dat ek dit wil “picture” nie
Riana, met sulke Groot Eiers sou dit , kruip, kruip gaan.