Man moet opdok ná hy honde uit warm motor red

Richard Hill (Foto: Facebook)

ʼn Man van Ohio wat ʼn venster gebreek het om twee honde uit ʼn warm motor te red, is beboet vir die skade.

Richard Hill sê hy het op 28 Julie die twee honde in ʼn motor in die parkeergebied van Walmart opgemerk. Toe hy sien die babahondjie beweeg nie, het hy die venster gebreek met ʼn hamer wat hy in sy bakkie gehad het. Die polisie is intussen reeds ontbied deur een van die ander klante.

“Ek het gevoel hulle moet daar en dan vrygelaat word,” het Hill in ʼn Facebook-plasing verduidelik. “Dit was ongeveer 79 grade (26°C) en ek was onder die indruk dat die honde reeds langer as 30 minute in die motor was.”

Die polisie sê egter die honde was slegs ongeveer ses minute lank in die motor toe Hill die venster gebreek het. “Ons glo sy hart was op die regte plek, maar hy moes ʼn bietjie langer gewag het,” het sers. Dan Ciryak aan Cleveland.com gesê. “Hy het geweet die polisie is op pad. Ek weet nie wat vir hom so dringend was nie.”

Die eienaar van die motor het ná ongeveer 14 minute teruggekeer en het nie enige boete ontvang nie.

Hill voer aan hy word beskerm onder die “Hot Car”-wet en beplan om sy boete in die hof te beveg. Hy het gesê hy sal in dieselfde situasie weer dieselfde doen.

Die boete wat Richard Hill ontvang het (Foto: Richard Hill, Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jaco ·

Na dàardie episode sal ek by n kar met toe vensters waarin kinders en honde in is onsiende verby loop.

ai ·

Bietjie LANGER wag?? Ai…wonder hoe weet die polisie dat die honde PRESIES net 6 minute in die toe kar was. Nee wat los die venster effens oop te alle tye of as jy bang is vir motordiefstal los die diertjies tuis!

anton ·

Baie maklik.
Die Winkel sentrums het kameras wat orals alles waarneem.
Dus kon hulle volgens die CCTV kameras dit baie maklik bepaal het.
Dink ook die man was bietjie haastig om net die ruit stukkend te slaan. Hy kon maar gewag het vir die polisie.

Ag asb tog Anton ·

Hoe kon die man langer wag as hy nie geweet het HOE lank hulle in die kar was nie? Hy het mos nie die kameras tot sy beskikking gehad nie .. Wys maar net weer wat MEESTE MENSE vir hulle diere voel .. Dit het vir hom gelyk of die kleiner hondjie nie meer asemhaal nie . so ek sou dit ook gedoen het .. TROTS OP jou …

IK ·

Een van die redes waarom mense nie betrokke raak en eerder met oogklappe (soos karperde) deur die lewe gaan. Ook ek is egter NIE ‘n karperd . . .

De Villiers ·

Presies, IK. Die Amerikaners veral is baie lief daarvoor om links en regs te dagvaar vir die geringste goed, dié dat baie dokters nie eers meer by ongelukstonele wil stop om hulp te verleen nie. Hierdie geval klink soos iets wat vir die Darwin-Awards kwalifiseer.

Netso ·

As dis in SA was kon hy op video nog met die motor se radio ook wegstap sonder dat ñ haan sou kraai! Absurd Man! ñ Kind mag nie eers in Texas sonder skoene uit ñ kar klim dan het jy moeilikheid. Dis 46 grade in die koelte!

Wilma ·

Hyt korrek opgetree. Hof sal hopelik sy penarie verstaan. Mense wie diere in karre los maak my netso mal

Poppie ·

Ek sal dit ook doen al kry ek n boete. En weer en weer en weer. Ek glo daar sal n hele paar diere aktiviste wees wat my boetes sal help betaal. Glo nie die eiebaar sal weer sy honde in n kar los nie.

Poppie ·

Al gee hul my 100 keer boetes, ek SAL n ruit breek waarin daar kinders of diere is.

Johan Barnard ·

Wat my verstand te bowe gaan is day daar mense is wat alewig hulle brakke wil saamsleep winkels toe. Hy is daar om jou huis op te pas. Los hom tuis waar hy hoort.

Snowball ·

Presies! As die honde in die kar moet agterbly, vir wat sleep mense die diere saam? Die arme goed ervaar net skeidingsangs as jy hulle daar in die warm kar los en wegloop…

Diefie ·

Ek is trots op die man, veral omdat hy gesien het die baba hondjie beweeg nie. As hy gewag het en die baba hondjie is dood, dan het almal weer gesê hy kom mos iets daaromtrent gedoen het. Dus 6 van die een en ‘n half dosyn van dieselfd.

Gesiggie ·

As ek so iets gesien het… sou ek dieselfde gedoen het, Well Done aan die jong man wat die honde gered het van hitte uitputting, kan nie glo dat die eienaar sy honde in n warm kar kan los, as jy dan soveel omgee vir hul hoekom warry oor die skade aan jou venster, jou honed se lewe is meer werd… jy is die een wat beboet moet word, dit is baie nalatig van jou”

christa ·

dit is soos die polisie se koppe werk. Langer wag tot hulle dood is, dan wil hulle iets doen daaromtrent

Belaglik ·

Hy het korrek opgetree, maar dit wys jou jy moet NOOIT doen wat hulle vir jou op FACEBOOK of op sosiale media se nie . almal sweer hoog en laag dat dit WETTIG is om iemand se venster te breek om honde in ‘n warm kar te red maar ek het GEWEET hier kom moeilikheid want die EIENAARS wat skuldig is is ALTYD arrogant en sal alles doen om hulleself te verdedig !! Dan gee niemand eintlik maar regtig om vir diere nie, net die man wat die venster gebreek het .. PASOP vir wat julle op sosiale media sien . MENSE LIEG en bring daarmee ander in die moeilikheid. AS diereliefhebber sou EK egter dieselfde gedoen het. HY HET GOEIE REDE GEHAD. Beboet nou die eienaar vir nalatigheid en ANIMAL ABUSE.

Theresa ·

Ja, want dis totaal onnodig om ‘n dier saam te vat om inkopies te gaan doen. Mense prober vermaaklikheidster-status kry om soos bv. ‘n Paris Hilton ‘n ou dingetjie iewers heen te piekel (aandagtrekkers).
Die man kon seker maar daar vir die polisie wag. Hier sou die honde al rigor mortis gehad het teen hul vir so iets opdaag…

AH ·

Ek sal my straf vat en later baklei, maar as ek ‘n dier of kind in ‘n toe motor sien SAL ek die ruit breek! Die eienaar moes beboet word! Dit is onaanvaarbaar om weerlose diere so te los. Ek het jare gelede ‘n 2 jarige seuntjie en 2 maande oue dogtertjie uit ‘n toegesluite motor verlos, in Welkom die Vrystaat, hoog Somer, nadat ek gesien het die Ma klim uit en stap weg. Ek het op my horlosie gekyk en gedink sy is net by die Kafee langs my werkplek in om iets te koop. Toe sy langer wegbly het ek haar gaan soek, maar sonder sukses. Teen daardie tyd het die baba vreeslik gehuil en die 2 jarige was ontsteld . Ek kon hom darem sover kry om die venster oop te draai met baie gesukkel en kon my hand inkry om die deur oop te maak. Die baba was warm aangetrek en bloedrooi en klam van sweet. Ek het haar kleertjies uitgetrek totdat sy net die doek aangehad het en haar gekalmeer. Ek het die seuntjie iets gegee om te drink. Die Ma het omtrent 30 minute later daar aangekom. Sy was histeries toe sy sien die kinders is nie in die motor nie. Ek het haar geroep en gewys dat haar kinders veilig is. Sy het net op my geskree en gedryg om die polisie te bel oor die “diefstal” van haar kinders. Sy moes eintlik, want ek sou hulle graag my weergawe wou gee!

Ex speurder Katryn ·

Sjoe! Baie goed gedoen! Ek sal so ‘n ma toesluit. Sy sal nie weer haar kinders sien nie. Wat de hel het sy gedink? Mense is mal. Ek dink nou onwillekeurig terug aan ek dink dit was ‘n lektor by ‘n universiteit in Suid-Afrika wie vergeet het om sy kind af te laai by kleuterskool en toe is kind heeldag in motor by universiteit. Ongelukkig te laat toe sekuriteit by kar kom… Hartseer, hartseer storie! So ek neem aan vir hierdie ma is dit ook aanvaarbaar om tweejarige en baba by huis te los alleen en haarkapper toe te gaan? Same story…

Judge Dredd ·

Kriminele se nuutste verskoning – Ek het gesien jou laptop is in die kar en funksioneer nie meer nie – toe breek ek maar ‘n venster sodat hy kan afkoel.

asseblief Judge Dredd! ·

Vergelyk appels met appels – die man was geen krimineel. Jy is sommer nou heeltemal van die bus af regtigwaar

Johan ·

Welgedaan Richard. Enige lewe is meer werd as daai boete. Iewers het ek gehoor ‘n man (en sekerlik enige mens) se persoonlikheid word weerspieel in die manier hoe hy ‘n hond behandel. Welgedaan Richard.

Is seker mede-diereliefhebbers sal fondse insamel vir Richard, maar ek sou die boete met ‘n glimlag en met trots betaal. Ek sou dieselfde gedoen het. Amerika is in elk geval “eis-mal” en wil net altyd eis, eis, eis.

Andre ·

Hy moes bietjie langer wag? Todat die hond dood is?
Nee wat gee my sy bank rekening ek betaal sommer sy boete, en die eienaar kort `n goeie klap.

anton ·

Ek is verstom hoe baie mense wat so ”baie” te sê het, so graag n skuilnaam gebruik!!!
Skaam om hulle regte naam te gebruik???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.