Man moet opdok oor ‘selfie’ tydens bulstormloop

137182_max‘n Man kan met sowat $2 000 (meer as R20 000) beboet word nadat hy ‘n foto van homself geneem het terwyl hy saam met die bulle gehardloop het tydens die jaarlikse San Fermin-fees in Pamplona, Spanje.

Die polisie soek steeds na die man wat sy selfoon gebruik het om ‘n foto van homself te neem terwyl die bulle vinnig van agter af ander kom. Die boete kan verdubbel word indien daar bevind word sy optrede het ander hardlopers in gevaar gestel.

n Nuwe gedragskode vir vanjaar se fees verbied die gebruik van kameras of ander opnametoestelle gedurende die bulstormloop. ‘n Persoon mag nie meer onder die invloed van alkohol deelneem nie terwyl vuurwerke ook verbied is.

Die fees kom Maandag tot ‘n einde. – Sapa-DPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.