Man ná 66 dae ter see gered

Foto: AP

Foto: AP

ʼn Man wat twee maande terug ter see vermis geraak het, is aan die kus van die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina op sy omgeslane seiljag gered.

Louis Jordan (37) is ure ná sy redding uit die hospitaal ontslaan. “Elke dag het ek gesê, asseblief Here, stuur vir my reën, stuur vir my water,” het Jordan aan WAVY-TV gesê. Volgens hom het hy oorleef deur reënwater op te vang en sy energie spaarsamig te gebruik.

Die bemanning van ʼn groot vragskip het Jordan Donderdagmiddag gewaar waar hy op sy omgeslane enkelmas-seiljag van sowat 11 m rondgedryf het. ʼn Helikopter het hom later van die skip na ʼn hospitaal vervoer. Volgens die kuswag kon Jordan ondanks ʼn skouerbesering vis vang en só oorleef.

Jordan het op die seiljag in ’n marina in Suid-Carolina gewoon. Hy het glo einde Januarie aan sy gesin gesê hy gaan visvang waarna hulle nie weer van hom gehoor het nie. Jordan het aan WAVY-TV gesê ʼn golf het tydens onweer sy seiljag getref waarna dit oorstroom is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J.Z ·

Hy het n storie wat hy eendag vir sy kleinkinders te kan vertel en die storie het n gelukkige einde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.