Man neem video van selfmoord oor vriendin hom los

James M. Jeffrey (Foto: Facebook/Daily Mail)

ʼn 49-jarige man van die Amerikaanse deelstaat Alabama het homself Woensdag doodgeskiet terwyl ʼn video van sy selfmoord regstreeks op sosiale media gebeeldsaai is.

Volgens polisieowerhede het die “erg ontstelde” James M. Jeffrey sy lewe geneem omdat hy en sy spesiale vriendin se paadjies geskei het.

Die Daily Mail berig Jeffrey se vriendin het glo minute vroeër die polisie gebel en gesê sy is bekommerd omdat hy nie meer sy selfoon antwoord nie.

Die polisie kon egter nie daarin slaag om Jeffrey se huis betyds te bereik nie, en hy het sy eie lewe geneem etlike minute voor hulle by sy huis opgedaag het.

ʼn Video van sy selfmoord, wat regstreeks op Facebook gebeeldsaai is, is nagenoeg 1 000 keer gekyk voor dit deur Facebook verwyder is.

Dit is die derde soortgelyke geval in April. Vroeër vandeesmaand het ʼn Thaise man eers sy 11 maande oue dogtertjie vermoor en toe homself geskiet, en ook ʼn video van die moord en selfmoord verfilm.

Twee mans van Afghanistan is ook verlede week in hegtenis geneem nadat hulle ʼn video van die bendeverkragting van ʼn tienermeisie op sosiale media gedeel het.

Maroela Media het ook vroeër berig oor die selfmoord van die Amerikaner Steve Stephens nadat hy oor Paasfees ʼn 74-jarige man doodgeskiet en ʼn video daarvan op sosiale media gedeel het. Stephens het later, voor hy deur polisie vasgetrek kon word, sy eie lewe geneem.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Justice ·

Dankie dat hy volwasse genoeg was om nie sy vriendin by sy selfmoord te betrek nie.

Pokkel ·

Siek…. selfdood is nie liefde nie. Gaan uit, kry sonlig, kom weg van die internet, word fiks, volg ‘n gesonde dieet en begin werklik omgee vir ander mense. Hoe narsisties moet jy wees om soveel mense as moontlik met jou geweldadige selfdood video te wil traumatiseer?

ek ·

Siek! Nou moet die arme vriendin vir dienres van haar lewe met fit saam leef.. Hoe wreed van hom… Wat hy aan haar doen is erger as wat hy aan homself gedoen het!!

erica ·

hoe kan julle oordeel en se siek.julle weet nie deur watse emosie n persoon gaan wat selfdood pleeg nie.my boetie het selfdood gekies.so moeilik as wat dit is om te verstaan hkm die mens dit wil doen kan ons nie oordeel nie.

Michelle ·

Die tendens wat wêreldwyd posvat om so ‘n daad lewendig op Facebook uit te saai, is siek. Dis siek om ‘n gehoor te soek vir jou daad en dit op facebook uit te saai! Dié man het homself in die kop geskiet, dit is baie grusaam. Het jy die video van die Thaise man gesien wat eers sy dogtertjie van 11 maande en toe homself gehang het? Hy het dit ook op Facebook uitgesaai. Die dogtertjie wat daar sit…. dis die hartseerste toneel wat ek nog ooit gesien het. Hoekom moet hulle ander daarby betrek, ander mense se lewens verwoes en mense traumatiseer? Dit is die laaste lafhartige daad van ‘n siek narsis of psigopaat wat net vir oulaas skade wil aanrig en mense se siele aan flarde wil ruk. Ja dit is wat hulle doen, hulle vat ‘n mes en sny die siel….

EvW ·

Ek kan verstaan dat iemand wat so iets doen probleme het,maar om dit op facebook te gaan uitsaai is nie reg nie!

R ·

FB moet daai funksie verwyder vir persoonlike rekeninge en slegs op groepe toe laat. Dan kan onverantwoordelike individue nie regstreeks beeldsaai nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.