Man onthoof glo vriendin, honde

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man van Phoenix in die Amerikaanse deelstaat Arizona het glo sy vriendin en haar twee honde onthoof voor hy sy eie arm afgesny het.

Sers. Trent Crump, woordvoerder van die polisie in Phoenix, het aan AZ Central gesê dit was ʼn “afskuwelike toneel”. Die Inquisitr berig intussen dat die oorledene geïdentifiseer is as die 49-jarige Trina Heisch.

Volgens die berig het Heisch se buurman, George Loney, Saterdag op die gru-toneel afgekom. Hy het glo aan die deur geklop waarna die 43-jarige verdagte glo kaal en bebloed die deur oopgemaak het. Sy een arm was by die elmboog afgesny en sy een oog was erg beseer.

Loney het glo gesien die woonstel se mure en vloer was vol bloed. Hy het die polisie ontbied. Die polisie het op talle messe beslag gelê en Heisch se lyk in ʼn instapklerekas gevind. Die polisie het die verdagte ondervra waarna hy glo gesê het hy het “drie familielede” vermoor. Die verdagte is glo geestesongesteld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

amie ·

Maroela asseblief hierdie gruverhale loop by ons ore uit en dit demoraliseer ons in so n mate dat vele dit oorweeg om nander heenkome iewers in die wereld oorweeg. Asseblief moet ons nie nog met ander lande se grudade belas nle.

PIXIE ·

Amie ek stem saam. Hier is genoeg gruverhale van moord en aanrandings ensomeer ons het nie nog ander lande se gruverhale nodig nie. Die ou is geestesongesteld? Dit is tragies oor die vrou en ek wonder waarom sy nie agter gekom het die ou is NIE LEKKER NIE. Ek as diereliefhebber is baie hartseer oor die honde wat hulle het nie daarvoor gevra nie.

Z bc ·

Nee wat, laat ons hoor wat gaan in ander lande aan aangesien Suid-Afrika se naam al so deur die modder gesleep is die afgelope tyd. Ons wil bietjie hoor en sien wat gaan in ander lande aan sodat ons bietjie vir hulle kan lag en oor hulle kan skinder!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.