Man pleeg selfmoord op Skype

Sergey Kirilov Foto: Daily Mail

Sergey Kirilov Foto: Daily Mail

Die polisie in Rusland stel ondersoek in nadat ʼn man glo regstreeks op sosiale media selfmoord gepleeg het.

Die Daily Mail het Vrydag berig Sergey Kirilov (26) het vroeër op ʼn sosialemedia-platform aangekondig dat hy van plan is om homself te hang, en enigiemand wat dit wil sien kan hom op Skype kontak.

Die polisie in Moskou het gesê hulle gaan ondersoek instel na almal wat na die voorval sit en kyk het, veral diegene wat hom aangepor het. Die persone kan moontlik skuldig wees aan nalatige manslag. Slegs een persoon het glo gepoog om hom te keer.

Klik hier om die volledige berig op die Daily Mail te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

se ook maar net ·

Ons leef in die dae van noag… n jaar terug het ek op maroelamedia afgekom, “ever since” lees ek elke aand die koerant. Vandat ek begin lees het tot nou toe, het alle nuus berigte 100x vererger… ek se maar net wat ek sien!!!! die vraag is, is ons gereed as Jesus ons kom haal?

PURE BOER ·

Is waar wat jy se “se ook maar net”, Maar ek glo dat dinge nog erger gaan raak. Ons mense, Wie onse Vader lief het is nie reg vir onse Vader se koms nie, omrede daar baie haat is en dat ons eers moet verkondig, daar is baie mense daar buite wat nie eers weet of gehoor het van onse Vader nie. Ek glo die dag dat almal weet, sal Hy kom en sy kinders kom haal. Die wat nou van die pad af loop, sal maar moet voor die Vader eendag staan en verduidelik. Om die waarheid te se, Ek myself is nie reg nie, ek het foute wat ek nog maak en is besig om dit reg te stel.

Nuus_Leser ·

Ek stem saam “se ook maar net.” en “PURE BOER” , Maar my vraag is egter aan myself en almal wat Maroela Media daagliks twee, drie keer besoek om te lees wat in die wereld aan die gang is. Hoeveel van ons tyd bestee ons, om Ons Vader in die hemel te vra vir beskerming en veiligheid?

Ons almal maak foute, maar miskien moet ons, ons foute by die Vader lê, en Hom toe laat om beheer te neem van ons, ons land en die Wêreld.

Elfie ·

Dis SIEK as enigeen na so-iets kyk! Daar is geen naasteliefde meer in die wêreld as mense eerder sal sit en KYK as om iemand te kontak om die persoon te help. SIEK verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.