Man se moord regstreeks op Facebook uitgesaai

'n Skermskoot van Antonio Perkins op die video oomblikke voordat hy doodgeskiet is.

‘n Skermskoot van Antonio Perkins op die video oomblikke voordat hy doodgeskiet is.

ʼn Amerikaanse man van Chicago, Illinois, het Woensdag onwetend regstreeks sy eie moord op sosiale media uitgesaai.

Antonio Perkins (28) was besig om op ʼn regstreekse Facebook-video die buurt waarin hy woon, North Lawndale, aan kykers te wys, toe die voorval plaasgevind het. Op die video, wat steeds op sosiale media beskikbaar is, gesels Perkins op ʼn sypaadjie met sy vriende wanneer twee skote skielik klap.

Die selfoon, waarmee die video geneem word, val vermoedelik saam met Perkins grond toe terwyl nog skote op die agtergrond klap. Bebloede gras kan vir ‘n oomblik gesien word voordat die beeld wegraak. Mense skree in die agtergrond en iemand vra die polisie moet gebel word.

Perkins is glo kort daarna na ʼn hospitaal gehaas waar hy dood verklaar is.

Die video, wat ook deur verskeie gebruikers op YouTube gelaai is, is reeds honderde duisende kere gekyk.

Volgens The Daily Mail kan Perkins se moord vermoedelik met bendegeweld verbind word, aangesien hy voorheen ʼn bendelid was en twee jaar in die tronk was vir dwelmvervaardiging. Volgens die nuusagentskap is Perkins se broer ook ʼn paar jaar gelede doodgeskiet. Perkins was glo die pa van drie kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.