Man skiet agt dood, self

Foto: Edmonton Polisie/Twitter

Foto: Edmonton Polisie/Twitter

ʼn Kanadese man het agt mense, insluitend twee kinders, doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

The Guardian berig dat die vermeende moordenaar ʼn kriminele rekord gehad het en ʼn gesteelde vuurwapen gebruik het om die moorde te pleeg. Die polisie het dit as ʼn voorval van huishoudelike geweld beskryf en gesê dit was “beplan, met opset en doelgerig”.

Die polisie het Maandag een van die slagoffers se liggame gevind en die ander sewe liggame is Dinsdag in ʼn ander huis gevind. Die slagoffers is vier vroue, twee mans, ’n meisie en ’n seun.

Die vermeende moordenaar het in ʼn restaurant selfmoord gepleeg. Hy het glo by die restaurant gewerk. Volgens die berig het hy glo aan depressie gely.

Die Edmonton Journal het intussen die vermeende moordenaar geïdentifiseer as die 53-jarige Phu Lam. Die polisie het die massamoord beskryf as die dodelikste in Edmonton se geskiedenis. Die stad het ʼn bevolking van sowat 878 000. In 2014 en 2013 is daar onderskeidelik 27 moorde elke jaar aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.